top of page

Redding vir jou huis

Lukas 19 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

Ken u daardie wind, geliefdes? Daardie wind wat hier binne in u 'n verlange wek, 'n verlange na die dinge van die Here ... 'n verlange om die Here te sien ... daardie wind wat u honger maak ... daardie wind wat u 'n naamlose honger gee ... om die Brood van Lewe te smaak ... en die naamlose dors om te drink uit die fontein van die water van die lewe ... verniet ... Woordverkondiging: Lukas 19, ds Gustav Opperman GK Colesberg.


 Die skares drom op sy roete saam. Alle oë is op Hom gerig  Jesus die Wondergeneser: alle oë wil Hom graag sien ook die oë van die blinde wat lig soek ... ook sy oë volg Hom met 'n desperate stem: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig ! en Jesus die Seun van Dawid open sy oë  en die blinde het die Christus gesien ...   


Die Herder van Israel loop deur die strate van Jericho agter hom volg daar baie skape, maar Hy is op soek na die een skaap ... een verlore skaap ...  En toe Jesus by die plek kom,  kyk Hy op en sien hom  en sê vir hom:  Saggéüs, maak gou en klim af,  want Ek moet vandag in jou huis bly.  Die Herder van Israel is op soek na die verlore skape van Israel en Hy sal hulle vind ! Die HERE se Kneg sal voorspoedig wees. Dit het Jesaja ook lank gelede reeds voorspel  (Jes 52:13).


Bron: Luk 18:35-19:10

Teks 10:  Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook ‘n seun van Abraham is. 

Psalms: 95:1,2,4; 105:5,6; 139:1,2; 139:9,12. 

Opnamedatum: 2023 11 05  


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  

Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  Met dank en erkenning:  

Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  With thanks and appreciation:  

Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ 

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page