top of page

Ons troos omdat ons vertroos is
Preek 2 Korinthiërs 1 - Woorde uit sy Woning
Elke huis en elke hart, het sy kruis en sy smart. Die huis vol verdeelheid. Die verdrukte hart. Die verwerpte hart. Die hart vol krankheid. Die hart siek van bekommernis. Almal het versterking nodig Almal het troos nodig. U het al die uitdrukking gehoor: Die Here sal ons nie meer beproef as wat ons kan verduur nie. Is dit regtig so? Woordverkondiging: 2 Korinthiërs 1, ds Gustav Opperman. Skryf in op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Meer as 600 video's beskikbaar. In verse nege het ons gelees dat die apostel dit uitermate swaar gehad het ... bo sy krag ... so erg dat hy aan sy lewe gewanhoop het. Hoeveel keer het u nie ook al swaar gehad nie ... bo jou krag swaar gehad. Dis in 'n sekere sin wat Paulus in ons Skrifgedeelte doen. Hy soek troos, hy soek beskerming. Hy kry dit by die hemelse Vader. Die Vader van ontferminge. Hy kry sy krag by God … die God wat sterk genoeg is om die dode op te wek. Bron: 2 Korintiërs 1 Ons troos, omdat ons vertroos is. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2021 05 16 • Sou YouTube wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons het die volgende eposkennisgewing ontvang: Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en waardering: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 173
bottom of page