top of page

Ons Koning by sy Bruilof

Nagmaal Preek Psalms 45 - Woorde uit sy Woning

Dis nie net ’n Psalm nie. Dis ’n Liefdeslied soos geen ander liefdeslied. In ’n sekere sin is u vandag deel van ’n koninklike troue: die belangrikste huwelik wat nog ooit plaasgevind het. Nagmaal Psalm 45 Ds Gustav Opperman @Woorde uit sy Woning Die mensdom is nog lank nie moeg vir konings nie ... Ons beleef dit telkens met elke koninklike troue is meer as ‘n biljoen mense se oë op die kassie vasgenael was Selfs die Afrikanervolk wat ’n bietjie meer as ’n eeu gelede op bevel van die Britse koningshuis in konsentrasiekampe gestop is en daar in hulle duisendtalle omgekom het ... selfs hulle vergaap hulle aan hierdie skouspel ... Koninklik het Hy die versoekinge van die Satan oorwin ... Die sonde kon geen houvas op Hom kry nie ... Koninklik het Hy oor die demone getriomfeer ... Ook siekte en selfs die dood moes voor Hom buig ... Alle magte in die natuur moes hulle aan Hom onderwerp ... Maar dan, geliefdes het ons ook uit die Skrif geleer dat Hy ter wille van die waarheid van die Goddelike Woord dat Hy Homself in hierdie stryd laat verneder het ... Ter wille van geregtigheid het Hy eers op ’n esel gery voor Hy die oorlogsperd bestyg het ... Die Koning moes eers die Lam van God word voor Hy die Leeu uit die stam van Juda kon wees ... Ter wille van God se eer was sy klere eers met sy eie bloed bevlek voor die vyand se bloed dit rooi sou kleur ... Bron: Psalm 45 'n Koning by sy bruilof Nagmaal 2021 09 12 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 & Psalm 116 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 13
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page