top of page

Ons gesonde verstand teenoor God se Woord

Preek Levitikus 8 - Woorde uit sy Woning

Die Skrif ken net twee soorte mense: Verloste mense en mense wat verlore gaan. Die Skrif ken net twee soorte verstand: Nie ‘n gesonde of ‘n ongesonde verstand nie, maar 'n Godgehoorsame of ‘n Godongehoorsame verstand. Woordverkondiging uit Levitikus 8, Johannes 11, 28/6, ds Gustav Opperman,. Ons dink aan groot leiers uit die verlede Ons dink aan groot leiers van die hede, mense wat geweldige besluite geneem het: voormanne wat nie net koers aangedui het nie, maar wat ook self die Rubicon oorgesteek het, paradigmabrekers. Hulle wat die ou manier van dink en doen kon deurbreek, nie net vir hulleself nie, maar ter wille van ‘n vriend en medemens, ter wille van volk en nasie, ter wille selfs van die mensdom. Kajafas tree na vore: Kajafas, die hoëpriester ... Hy en die Joodse Raad het hierdie man Jesus van Nasaret toegelaat om vry rond te gaan om hier te preek en daar te preek, om hier te stig en daar (volgens hom) te ontstig, om kritiek uit te spreek teen die owerpriesters en die skrifgeleerdes, om niemand te spaar nie. Geduldig het Kajafas alles verduur. Intussen het die gewildheid van hierdie Jesus net toegeneem en toegeneem. Deur Jesus het daar ‘n nuwe paradigma in Judea en Galilea ontstaan. Almal praat toe net van die Koninkryk van God. Genesings en wonders is op almal se lippe en ‘n prediking wat getuig van gesag ... ‘n gesag van bo. Aanstons sou hierdie Nasarener op ‘n esel Jerusalem binnekom en dit sou weergalm soos die skare uitroep: “Hosanna vir die Seun van Dawid Hosanna in die hoogste hemele” Die mense was gaande oor hierdie Man en dit het Hom onaantasbaar gemaak. Ja, die owerpriesters en die skrifgeleerdes het probeer om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees (Lukas 20:19). Kajafas tree na vore as die man wat bereid is om die Rubicon oor te steek om dit te waag wat niemand bereid was om te waag nie om teen die populêre mening in te gaan. Miskien sou die volk hom daarvoor eendag ook as ‘n ikoon vereer. Kájafas, sê vir die Joodse Raad: Julle weet niks nie en julle dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie. Dis die antwoord ! Die tyd van wik en weeg is verby. Dis nou die tyd van doen. Bron: Lev. 8:1-14, Joh. 11:45-53 Ons gesonde verstand teenoor God se Woord Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 06 21 Hierdie Bybelstudiereeks kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Intro: Psalm 97:1 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble) Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Tel: 018 297 3986/7/8/9 Faks: 018 293 1042 bestellings@gksa.co.za Toestemming: Ds Eric Kayayan Outro: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 386
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page