top of page

Ons Enigste Troos!

Luk 24 HK1 Ds Gustav Opperman GK Innesdal WoordeuitsyWoning

Hoeveel mense ken u vandag wat al die pad gevat het, wat die rug op Jesus Christus en die kerk gedraai het, wat ‘n lewe sonder antwoorde leef? Ons belydenisskrif, die Heidelbergse Kategismus, is 'n riglyn deur die Bybel om antwoorde te gee vir 'n ware geloof. Wat is ons enigste troos in lewe en in sterwe? Inleiding tot die HK uit Luk 24, ds Gustav Opperman, GK Innesdal @woordeuitsywoning  


Ons leef vandag in ‘n tyd  wat gekenmerk word deur ‘n inligtingontploffing . Daar is ‘n ongelooflike toegang toe inligting. Daar is toegang tot kennis van alle soorte, maar ... maar daar is nog steeds geen antwoorde nie. Die ware kennis ontwyk die mens nog steeds.  En dit veroorsaak probleme by die mens, 'n spanning wat hy nie kan hanteer nie. Dit veroorsaak ‘n hartseer  wat nie beskryf kan word nie ... ‘n hartseer wat ‘n hele psigiatriese en sielkundige bedryf  voltyds aan die gang hou.  'n Hele mensdom op reis na nêrens.  


Die Here Jesus sluit by die Emmausgangers aan en Hy sien die probleem onmiddellik raak. Hy wil weet: Waarom is julle bedroef?  As ons Troosboek die regte medisyne vir die mens hartseer is, sê dit nog nie  dat dit die gewildste medisyne is nie. Nee, dit kompeteer blykbaar swak met al die ander medisyne: die televisie se visuele afleiding,  en naweek na naweek, die sosiale media op ons selfone.  Ons haas ons om vandag by die Sondagmiddagete uit te kom, die afleidinge wat menslike verhoudinge ons bied, die troos onder die bottel se prop, die kalmeerpilletjies ...  


Bron: Lukas 24 & Heidelbergse Kategismus Sondag 1:  

Vraag 1:  Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? 

Antwoord:  Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe  nie aan myself  nie,  maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort.   Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal  en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos.   Hy bewaar my op so 'n wyse  dat sonder die wil van my hemelse Vader,  geen haar van my kop kan val nie.   Alles moet inderdaad tot my saligheid dien.   Daarom verseker Hy my ook  deur sy Heilige Gees van die ewige lewe  en maak Hy my van harte gewillig en bereid  om voortaan vir Hom te lewe. 

Vraag 2:  Hoeveel dinge moet jy weet  om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? Antwoord:  Drie dinge:  Ten eerste,  hoe groot my sonde en ellende is;   ten tweede;  hoe ek van al my sonde en ellende verlos word   en ten derde  hoe ek God vir so 'n verlossing dankbaar moet wees. 

Opnamedatum: 2022 04 03  


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page