top of page

Ongelooflikste openbaring in die wêreldgeskiedenis!
Preek Openbaring 1 - Woorde uit sy Woning
Mensesiele is op die spel, geliefdes ... Ons ewigheidbestemming is op die spel ... en dit sal alles bepaal word deur Woorde die woorde wat ons lees, die woorde wat ons hoor of nie hoor nie ... die woorde wat ons of glo of nie glo nie ... Hoekom die opgenbaring glo? Die getuienis van een mens? Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is ... Die teendeel is dus net so van toepassing ... Vervloek is hy wat weier om die woorde van die professie te lees ... Vervloek is die wat hulle ore toe stop ... Vervloek is diegene wat hierdie woorde minag ... en daar buite op die vullishoop gooi ... Daar is ‘n getroue en waaragtige Getuie, Jesus Christus ... en dan is daar diegene wat sy Woord aanvaar en bewaar ... En as ons deel van daardie volk is ... daardie volk wat sy Woord lees ... daardie volk wat sy Woord hoor, dan moet ons terselfdertyd erken: hierdie is geen persoonlike prestasie nie ... Dis louter genade! Terselfdertyd is hierdie briewe so gepak met waarskuwings .. So gelaai met die opdrag aan die kerk om die woord te bewaar ... want daar is diegene wat voorgee dat hulle apostels is, maar hulle is leuenaars ... Daar is valse leraars, valse profete en valse profetesse ... Bewaar tog my Woord, sê die Here, Bewaar my Woord soos die gemeente van Filadelfia gedoen het ... Aan die einde van die boek Openbaring word die uitdruklike waarskuwing tot ons gerig: As iemand by hierdie woorde byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg die plae waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe Bewaar tog die Here se Woord ... So sê Hy vir sy gemeente hier in Matlabas ... Hoe sal ons Sy Woord bewaar? Bron: Openbaring 1 en 13 Ongelooflikste openbaring in die wêreldgeskiedenis: die Saligmakende Woord Hoe sal ons dit bewaar? Die geskrewe Woord van God 2017 12 03 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 545
bottom of page