top of page

Om blindelings te vertrou!
Preek Hebreërs 11 - Woorde uit sy Woning
Deur die geloof verstaan ons die hele skepping. Deur die geloof ontvang ons sekerheid van waarheen ons op pad is. Deur die geloof vind ons daardie pad in hierdie lewe. Gewone mense word helde wanneer hulle God glo, wanneer hulle Hom onwrikbaar begin glo. Glo dat Hy wat nie gesien kan word nie, elke belofte van Hom sal nakom. Woordverkondiging Hebr 11, ds Gustav Opperman. Skryf asb in op ons YouTube-kanaal, Woorde. Ons video's Troos, Bemoedig, Waarsku en Leer. Die brief aan die Hebreërs word gerig aan sondige mense. Die betrokke gemeentelede het nou al ‘n ruk van te vore die evangelie aanvaar. Meeste het al belydenis van hulle geloof gedoen, meeste van hulle wat deel was van die Joodse geloof het besef dat hulle heeltemal daarmee moet breek, maar daar is ‘n probleem ... hulle was nie meer seker nie. Soos ‘n kind wat moet leer swem, sit hulle nou op die rand van die swembad met net hulle voete in die water. As hulle hulself volkome oorgee, dan gaan hulle moeilikheid optel ... moeilikheid by hulle familie miskien, by die goed gevestigde Joodse gemeenskap, definitief moeilikheid by die Romeinse owerhede moeilikheid by die werkplek ... Erge moeilikheid ... wat al hoe erger kan word, want ons lees in hoofstuk 10 hoe sommige gelowiges deur beledigings openlik bespotlik gemaak is hoe die gelowiges se goed in sommige gevalle van hulle afgeneem is (Hebreërs 10:33). Ons lees in hoofstuk dertien van Timoteus se gevangenskap. As jy dus daardie kind langs die water is ... en jy sien hoe diep die water is ... en hoe koud die water is, dan sal jy ook maar liefs veilig speel, sal jy maar ook liefs jou voete terugtrek ... Eerder bang Jan as werklose Jan, eerder bang Jan as vriendlose Jan eerder bang Jan as Jan in die tronk eerder bang Jan as dooie Jan, nie waar nie? Dis vir hierdie mense dat hierdie brief geskryf is. As ons verder terug in hoofstuk 10 lees dat die skrywer hulle vermaan om nie die onderlinge byeenkomste te versuim nie, dan kan ons aanvaar dat daar dalk baie goeie rede was om nie saam te kom nie ... om nie die onderlinge byeenkomste by te woon nie ... en dat hulle ‘n baie beter rede gehad het as net: “dominee, ons kon nie kerk toe kom nie, want ons het mense gehad”. Dit kon hulle hul werk gekos het ... of hulle familie ... of hulle besittings ... selfs hulle lewe. Wat beteken dit dus om deur die geloof te lewe? Bron: Hebreërs 11-12:3 Om blindelings te vertrou! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Ongegrendelde Woord 1 2021 01 24 Musiek gebruik in hierdie video: Gemeentesang Psalm 8:1, Psalm 116:3 position: 238
bottom of page