top of page

Niks om oor gay te wees nie! No reason to be gay!

Preek Romeine 1 - Woorde uit sy Woning

Niks om oor gay te wees nie! Heilige vreugde ... No reason to be gay! Holy joy ... We are experiencing the dying process of Western civilization. There is nothing to be gay, nothing to be merry about. Also in our churches ... churches with wide open doors and windows whereby the winds of change are blowing freely, we see it. When men have a homosexual orientation, is it a God-given gift ... This the moderator of one of our so-called sister churches recently said. It is in this context that tonight's scripture is also in the spotlight. But what then made with Romans one, the simple Bible believing people ask? Ons beleef die sterwingsproses van die Westerse beskawing. Daar is niks om oor gay te wees nie, niks om oor vrolik te wees nie. Ook in ons kerke met wyd oop deure en vensters waardeur die winde van verandering vrylik waai, sien ons dit. Wanneer mans ‘n homoseksuele oriëntasie het, is dit ‘n Godgegewe gawe ... So het die moderator van een van ons sogenaamde susterskerke, nou die dag beweer. Dit is in hierdie konteks dat die Skrifgedeelte van vanaand ook in die brandpunt staan. Maar wat dan gemaak met Romeine een, vra die eenvoudige Bybelgelowige volk? En nou sit die geleerde teoloë van die kerke hulle koppe bymekaar en skielik kry ons die mees fantastiese verklarings van die verse wat ons vanaand gelees het, skielik word die helder water van die Bybel ondeursigtig troebel gemaak. Die mens trek die gordyne oor sy hart toe. Die mens kom met sy eie voorstellinge van wie en wat God is. God se vriendelike aangesig straal vrolikheid en lig vir alle opregte harte, maar as Hy daardie vriendelike aangesig wegdraai ... as God begin om anderpad te kyk, dan is dit nie meer vrolikheid en lig nie ... dan is dit duisternis en gerig. Bekeer julle tot die lewende God, die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het. Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel (Handelinge 14:15,16). Dis nie so wonderlik nie, Broeders en Susters, mense, volke, beskawings wat in hulle eie weë wandel. Oppas mens, dat jy nie die vryheid kry wat jy soek nie ... Oppas! Dinge loop lelik skeef. Die morele kompas van die samelewing wil nie meer werk nie en die gevolge daarvan is gruwelik ... en dit word al hoe gruweliker. Man en vrou het vrou geskape na God se beeld. Wat beteken dit? Hieroor, Geliefdes, is daar al baie gepraat en geskryf, boeke vol. Maar kom ons volstaan by die gedagte dat die mens as beeld van God, iets van God afbeeld ... En hoe verder jy van die oorspronklike beweeg, hoe meer distorsie, hoe meer verwringing, hoe meer perversie. Man en vrou het die mens geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. En die man sal sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. Hierdie heilige handeling is ‘n Christus professie, skryf die apostel Paulus aan die Efesiërs. Dit dui op die heilige eenwording tussen Christus en sy gemeente en daardie eenwording loop uit op ‘n heilige vreugde, ‘n onbeskryflike blydskap. Maar meer as dit ... daardie ware Christus eenwording bring kinders voort ... kinders wat eendag die nuwe hemel en die nuwe aarde vul. Daardie eenwording is vrugbaar, dit vermeerder en dit vul die aarde ... tot en met Christus se wederkoms. Hierdie Bybelstudiereekse en Kategismusreekse: Hierdie reekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. position: 686
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page