
Niks by God onmoontlik
Lukas 1 Ds Gustav Opperman GK Ventersburg
Geen ding is by God onmoontlik nie, antwoord die Engel. God se arm is nie te kort nie. Hy wag nie totdat die mens sy kant gebring het nie. God tree op in die geskiedenis en niks, niks is by Hom onmoontlik nie. Woordverkondiging: Luk 1, ds Gustav Opperman GK Ventersburg.
Dikwels wanneer die predikant sy werk doen, dikwels wanneer die ouderlinge hulle werk doen en soms bloot deur in die amp van die gelowige te staan, kry ons te doen met hopelose gevalle. Dan is ons geneig om vir mekaar te sê: Hierdie is 'n saak van onmoontlikheid. Dat hierdie huwelik nog gered kan word, dit sal nooit gebeur nie. Hy of sy het al probeer om die nikotien te los, maar dis nie moontlik nie. Ons het al probeer om met so en so te praat oor sy kerkbywoning of oor sy drinkery, maar hy sal nie hoor nie. Dis menslik gesproke onmoontlik. Ons kan dit maar net so wel los. En tog, menslik gesproke, is elkeen van ons 'n saak van onmoontlikheid. Is dit nie so nie?
Menslik gesproke is hierdie gemeente se finansies ‘n saak van onmoontlikheid. Ons kan maar los om nog te probeer. Ons kan eintlik ook sê: menslik gesproke, is dit 'n Godswonder dat hierdie kerkgebou nog hier staan - gesien die tyd waarin ons leef en dat ons hoegenaamd nog hierin sit, dat die Here se woord nog hier verkondig word, dis niks anders as 'n Godswonder nie!
As daar nou 'n saak van onmoontlikheid was, dan was dit die saak waarvan ons in Lukas 1 lees. 'n Engel se sending na 'n klein plattelandse dorpie, die timmerman se verloofde hoor sy gaan geboorte skenk, geboorte skenk na 'n swangerskap waarby geen man by betrokke was nie … 'n maagdelike geboorte. Dié kind sal "die Seun van God" genoem word. Aan sy koningskap sal geen einde wees nie. Hoe kan dit wees, vra Maria?
Bron: Lukas 1
Opnamedatum: 2022 07 24
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/