top of page

Na watter stemme luister jy? Stemme naas die Bybel?

Preek Markus 6 - Woorde uit sy Woning

Hoeveel stemme is daar in u lewe, geliefdes? Stemme wat naas die Bybel opklink? Stemme wat naas die prediking raas? Stemme wat almal kompeteer om gehoor te word? Hoeveel stemme is daar in u lewe? Het jy al besluit? Het jou lewe verander? Vandat Johannes die Doper begin preek het, kon dinge nie meer bly soos dit was nie. Die woorde van sy evangelie het die toehoorders tot ‘n beslissing gedwing: Wat moet ons dan doen? het sy eerste hoorders uitgeroep. Watter kant toe? So het die Here Jesus ook self sy toehoorders voor ‘n keuse gestel: Dis of die smal weg of die breë weg. God of Mammon. Die huis op die sand of die huis op die rots en wie nie vir hom is nie, is teen Hom. Dis óf Barabbas óf dis Christus. Dis of een kant toe of dis ander kant toe. En nou is die vraag, en dis ook die vraag wat die profeet Elia aan die volk gevra het: Hoe lank kan ons op twee gedagtes hink?(1 Konings 18:21) Miskien ‘n dag of week lank? Dalk net ‘n tyd ... of dalk ‘n hele leeftyd? Hoeveel uitstel is daar op die besluit wat die ewigheid sal bepaal? Die besluit moet geneem word. Die Heilige Gees kan ons daartoe dryf. Die prediking moet ons daartoe dryf. Dis die een uitstaande kenmerk van evangeliese prediking: Dit sal die toehoorders tot ‘n besluit bring. Die Woord van die HERE sal nie leeg tot Hom terugkeer nie (Jesaja 55:11). Daar mag van diegene wees wat dit hoor wat geirriteerd is dat die evangelie ‘n besluit op hulle wil afdwing. Maar ‘n evangelie wat nie oproep tot ‘n lewensverandering nie, is nie evangelie nie. En daarby moet ons sê: Die Satan ... Hy dryf terselfdertyd ook. Hy wil ook ‘n besluit by ons afdwing ... Dis die probleem van sommige mense. Hulle word deur die prediking aangespreek. Jy vind selfs dat hulle kerkbesoek goed is. Keer op keer word hulle getref: Dis alles so waar. Eintlik behoort hulle daaraan toe te gee, hulself aan die Woord van die Here te onderwerp, maar vir een of ander rede gaan hulle nie oor tot die daad nie ... Miskien môre ... Miskien volgende week. So naby en tog nog so vêr! So byna ... maar nie heeltemal nie ... So weifel hulle voort! Bron: Markus 6 Na watter stemme luister jy? Stemme naas die Bybel? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Oggenddiens 2019 03 03 Musiek: Ons het toestemming om die musiek te gebruik: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 511
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page