top of page

n Nag om te onthou!
Bybelstudie 17 Exodus 12 - Woorde uit sy Woning
Dit was 'n nag wat defnitief onthou moes word, 'n geleentheid wat herdenk moes word ... Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die sewentiende video in die Eksodus Bybelstudiereeks. Om die volledige reeks in die regte volgorde te kyk, besoek asb ons YouTube-kanaal se hoofblad: U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien #17 'n Nag om te onthou: Eksodus 11:1 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 563
bottom of page