top of page

Moenie jou kwel nie!
Preek Lukas 12 - Woorde uit sy Woning
Die Evangelies van ons Here Jesus Christus is vol mense wat soek. Ons mag nie soek wat die wêreld soek nie. Wat van die sorge van die lewe? Woordverkondiging Lukas 12, ds Gustav Opperman. Bykans 500 video's (Bybelstudies, dagstukkies, preke en reekse) beskikbaar op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Soek die koninkryk van God, sê Hy en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. die skares is gedurig besig om Jesus van Nasaret te soek. die meeste soek brood en genesing, ander soek weer eer en posisie by Hom. Josef en Maria soek die seuntjie by die Paasfees. Herodes soek ook die kindjie Jesus om Hom dood te maak. Die owerpriesters en fariseërs soek self ‘n geleentheid om dieselfde te doen Judas soek ‘n geleentheid om Hom aan hulle oor te lewer. Selfs die onreine geeste wat uitgedryf is, selfs hulle is soekend. Hulle soek rus, maar hulle vind dit nie. En so tot vandag toe het ons met ‘n soekende wêreld te doen. Almal wil iets hê, wat hulle nie het nie. So hou die soeke na plesier en geluk en skoonheid en ewigdurende lewe die mensdom besigjaar na jaar. Maar ons ook ... ons as gelowiges, ons sou ook graag meer sekerheid wou hê. Ons soek ook dikwels sekerheid die sekerheid van versorging, versorging met darem die minimum gerief en gemak, sekerheid van brood op die tafel, beskerming van ons grondregte, gemoedsrus dat ons al ons verpligtinge kan nakom, sekerheid dat ons en ons kinders ordentlik aangetrek is dat hulle skoolgelde betaal is. werksekerheid, en dan veral in hierdie dae gesondheid sekerheid, nie waar nie? Ons mag nie soek wat die wêreld soek nie. Soek die koninkryk van God, sê Hy en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Bron: Lukas 12:22-34 Moenie kwel nie! Ds Gustav Opperman Ongegrendelde Woord 2021 Woorde uit sy Woning 2021 01 31 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Orrelis Outro. position: 234
bottom of page