top of page

Moeder Aarde of die HERE? Hinkepink op 2 gedagtes. Verootmoedigingsdiens
Preek 1 Konings 18 - Woorde uit sy Woning
Hoeveel dae van verootmoediging was daar nie al nie? Ek woon nou al bykans sewe jaar in hierdie geweste en het al ‘n aantal verootmoedigingsdienste gelei en self bygewoon ... en die HERE het reën geskenk en wat het daarna gebeur ... Het die verbondsvolk hulle lewens verander? Het hulle kerkbywoning verander? Het hulle opgehou om hulle familiebyeenkomste af te stel sodat hulle eerder die eredienste kon bywoon? Het opgehou om HERE se eredienste te vervang met hulle mensgerigte happenings? Het hulle hul vieslike taalgebruik nagelaat? Het hulle al kant gekies? In hierdie stryd tussen Moeder Aarde en die HERE ... het hulle al kant gekies? Want dis wat die HERE se profeet wil weet. Hoe lank hink julle op twee gedagtes? Bron: Preek 1 Konings 18 Moeder Aarde of die HERE? GK Matlabas Verootmoedigingsdiens 2019 03 31 Lees 1 Konings 16:29–17:1, 18:1-21 Teks 1 Konings 18:21 En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom na, en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie ... Voor die volk Israel die beloofde land ingetrek het, het Moses hulle iets geleer oor voor- en teenspoed. Ons vind dit in Deuteronomium 28: As julle luister na die stem van julle God, sal julle geseënd wees, (het Moses gesê) Julle sal met kinders geseënd wees, die volk sal vermeerder en kinders hê geseënd met die aanteel van jou vee, jou mandjie en bakskottel, geseënd in oorloë teen die jou vyande. Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee. Maar ... as jy nie luister na die stem van die HERE jou God om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie ... dan sal die hemel bokant jou koper wees en die aarde onder jou ... yster. Is dit nie wat ons op die oomblik ervaar nie,? ‘n Ongenaakbare koper hemel en ‘n klipharde yster aarde ... Hoekom kan die HERE en Baäl nie maar net in vrede met mekaar saamleef nie? En as jy dit nie wil aanvaar nie, dan kan ‘n lewe in ‘n spelonk dalk jou voorland wees ... So sou verdraagsaamheid uiteindelik afgedwing word. As jy nie wil saamspeel nie, wag daar net brood en water op jou ... bygesê, as jy jou lewe behou ... Dit is jou vooruitsig as jy aanhou aandring dat die HERE van die leërskare. die enigste ware God is ... as jy aanhou om onverdraagsaam te wees ... as jy soos Elia aanhou met haatspraak. U sien, geliefdes, broeders en susters, die verskynsel van haatspraak is nie ‘n nuwe ding nie ... dis so oud soos die Bybel self ... En dis die HERE se profete wat daarmee begin het. Eintlik die HERE self, die dag toe Hy gesê het: Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie Ek die HERE, jou God is ‘n jaloerse God. Elke ander profeet sedertdien het dit maar net herhaal ... weer en weer herhaal. Tot ons hoogste Profeet en Leraar dit self ook gesê het: Ek is die weg en die waarheid en die lewe en niemand kom tot die Vader behalwe deur my nie (Johannes 14:6) ... position: 610
bottom of page