top of page

Magteloos om iets te doen? Wie is ek? Wie is HY?

Preek Exodus 17 - Woorde uit sy Woning

Ons het in hierdie land, ons jongmense miskien veral, maar dalk vir ons ouer mense ook, het ons 'n atmosfeer van rigtingloosheid, doelloosheid, magteloosheid. Wie is ek? Wie is ons? Wat kan ons doen? Voel ons nie partykeer almal soos die digter van Psalm 22 nie? daar wat hy dit uitroep: Op al my vrae deur al my lydensdae ... kan ek geen antwoord kry ? Dominee, ek bid teen die plafon vas en daar is net geen antwoord nie? Al die “hoekoms” en die “waaroms” ...? Die soeke na sin en rede ... En by ons jong mense ... en miskien by baie van ons ouer mense is die vraag: Waarheen is ek op pad ... Wat is die doel van my lewe? En hoe gaan ek dit verwesenlik? En dan die vertwyfeling ... Wie is ek? Wie is ek om te dink dat ek ooit iets sal kan regkry? Die Moses-vraag in ons teksgedeelte: Wie is ek dat ek na Farao sou gaan? Wie is ek dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei ...? En nou sien ons, geliefdes dat die antwoord op hierdie vraag nooit in die Skrifgedeelte gegee word nie. Inteendeel, dis nie Moses wat ons hier verder leer ken nie ... Nee, dis sy Opdraggewer wat ons beter leer ken: Hy wie se Naam aan ons geopenbaar word: en ... Hy is wat Hy is ... Omdat Hy die lewende God is ... sien Hy ook ... Hy hoor ook ... Hy sien die ellende van sy volk ... Hy hoor hulle jammerklagte ... en Hy ken hulle smarte ... Bron: Eks 3:1-4:17 Wie is ek? Wie is HY? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 01 27 Musiek: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 518
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page