top of page

Leer ons kinders!
Preek Daniël 1 - Woorde uit sy Woning
Hoe sou u die toestand van die geloofsgemeenskap in hierdie land beskryf? Ek self gebruik net een woord: ballingskap. In hulle eie land verkeer die volk van God in ballingskap. Binnelandse ballingskap. En binne die kerk het die ongetwyfelde Christelike geloof in baie gevalle die betwyfelbare geloof geword. Van die Here se dag het omtrent niks in hierdie land oorgebly nie. Die gelowiges word oorspoel met ’n menseregte- en ’n intergeloofkultuur. Woordverkondiging: Daniël 1, ds Gustav Opperman. Hulle kinders word nou amptelik deur die staat gedwing om die evolusieleuen op skool te leer. Die kerke wil nie standpunt inneem nie. “Waar gaan dit alles eindig\ sal die verantwoordelike ouer vra ? U is mos verantwoordelike ouers en grootouers? Is dit nie so nie? “Wat sal uiteindelik oorbly ?” “Ons hou ons harte vas vir ons kinders.” “Ons bid dag en nag vir ons kleinkinders” “Wat gaan van hulle word ?” Maar nou kom die Gees na ons toe met die Woord … die Woord met al sy krag en sy eenvoud en die Gees wys ons op die jong Daniël, 'n jong balling in Babilon. En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen. Bron: Daniël 1 Leer ons kinders! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2022 01 16 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65, Psalm 25:1 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 19
bottom of page