top of page

Laat jou troos!
Preek Jeremia 31 - Woorde uit sy Woning
Matthéüs 2:13-18, Jeremia 31:15,16 Teks: “So sê die Here: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween, Rachel ween oor haar kinders, sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie. So sê die Here: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane, want daar is loon vir jou arbeid, spreek die Here.” Laat jou troos! Ons hoor die huilende stem van Ragel deur die hele wêreldgeskiedenis heen tot vandag toe. Ons sien veral Ragel se bitterheid na vore kom nadat sy Christus voor Pilatus moes bely het, maar toe eerder geskreeu het: Kruisig Hom ! Ons hoor ook Ragel se ontroosbare geween na die vervolgings en die uitwissingskampe van Hitler en Stalin, toe miljoene der miljoene Jode uitgemoor is. Ons hoor die snikke van Ragel in Israel vandag, terwyl die selfmoordbomme in daardie staat afgaan. Deur die geskiedenis loop die stroom van Ragel se trane. Vir diegene wat die aardse Israel aanbid en steeds die hemelse koninkryk miskyk ... Ook vir diegene van ons wat die materiële, die stoflike, die vleeslike bo die geestelike verkies. Om bedroef te wees, is nie sonde nie. God verstaan ons hartseer, maar om God se vertroosting te weier, dis om Christus self te ontken. Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 765
bottom of page