top of page

Korona Stormrampe: Saam op die Sinkende Skip

Preek Handelinge 27 - Woorde uit sy Woning

Dit kan gebeur dat ons daardie lewende brief met 'n aangename geur moet wees op ‘n ramptoneel of tydens ‘n noodtoestand soos ons tans ervaar, selfs op ‘n sinkende skip op die stormsee. Mag ons dan nog Christus se getuies wees! Mag ons dan steeds Sy Naam bely! En mag Hy op ons gebed daardie siele saam met ons stormsee ... mag Hy daardie siele op ons gebed ook aan ons skenk tot die eer en verheerliking van onse Here Jesus Christus! Woordverkondiging uit Handelinge 27 deur ds Gustav Opperman 17 Mei 2020. God skenk daardie siele nie noodwendig die ewige lewe nie. Hy skenk hulle nie noodwendig die verlossing in Christus nie, maar God skenk hulle aan Paulus ... of anders gestel: God gee Paulus die geleentheid om Christus ook aan hulle te verkondig. En hoe sal hy dit doen? Hy doen dit eerstens deur sy geloof aan hulle te bely ... en hy doen dit deur sy God onbevrees teenoor die afgode te stel. Baie mense glo dat die Suid-Afrikaanse boot besig is om te sink. Die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien, sê vir my dat ek sy lig ook hier moet laat skyn ... onder hierdie krom en verdraaide geslag moet laat skyn ... ook onder hierdie omstandighede. Al is dit soms net ‘n klein liggie op ‘n klein plekkie: My vriendelikheid in die supermark- of die banktou, waar ons nou meer as ‘n meter uitmekaar moet staan ... Wie weet watter ander storm-situasies nog oor ons pad kom! Paulus skryf aan die Filippense dat dit wat met hom gebeur het, dat dit wat hy wedervaar het, op die bevordering van evangelie uitgeloop het ... dat daar nou oral nuwe gelowiges was ... ook ... ook onder daardie soldate aan wie hy steeds vasgeketting was ... Bron: Handelinge 27 Teks: Handelinge 27:23,24 Daar het in hierdie nag by my gestaan ‘n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus, jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar. Korona Stormrampe: Saam op die Sinkende Skip Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matabas Woorde uit sy Woning 2020 05 15 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Sang: Psalm 97:1,7 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble) Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Tel: 018 297 3986/7/8/9 Faks: 018 293 1042 bestellings@gksa.co.za Toestemming: Ds Eric Kayayan position: 409
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page