top of page

Kom na die troon van genade!

Nagmaalreeks 13a Voorbereiding Hebr 4 Ds G Opperman

Om vas te hou aan die belydenis wanneer die Naam van jou Verlosser 'n vloekwoord geword het.  Om vas te hou aan die belydenis wanneer jou Verlosser op die markplein van godsdienste voorgehou word as maar net een van baie moontlikhede. Om vas te hou aan die belydenis wanneer daar so min in die geloofsgemeenskap is wat dit werklik doen, wat dit werklik sigbaar doen. Om vas te hou aan die belydenis wanneer die professore aan soveel Teologiese skole dikwels net hulle twyfel kan bely. Voorbereiding: Hebr 4, ds Gustav Opperman, te GK Ventersburg,  woordeuitsywoning.com



 ​En om met vrymoedigheid God se troon te nader terwyl jy jou swakhede, jou tekortkominge,  jou mismoedigheid, jou verslawings soos ysterkettings agter jou moet aansleep.  En om met vrymoedigheid God se troon te nader terwyl jou beste gebede soos gebarste ballonne om jou rondlê. 


Om met vrymoedigheid by die nagmaaltafel te kom aansit terwyl dit wat jy die vorige week in die spieël gesien het,  nie 'n mooi gesig was nie, beslis nie 'n gesig  wat die heerlikheid van die Here uitstraal nie. Nee, dis eerder 'n gesig  waarop die trekke van haat en begeerte, selfsug en vrees uitgebeitel is.  Ja, as ons so na onsself kyk, dan is dit moeilik … selfs onmoontlik  om die belydenis vas te hou, om die met vrymoedigheid na die troon van genade te gaan.  


Daarom moet ons maar liewers van onsself wegkyk, wegkyk van onsself   en opkyk na bo. en Jesus raaksien soos die Hebreër-brief hom voorhou: die blink môrester 'n geslypte diamant … skitterend, met verskillende vlakke en fasette, asemrowend mooi, volmaak, perfek.  


Bron: Hebr 4 

Nagmaalreeks 13a 

Voorbereidingsdiens te GK Ventersburg 

Opnamedatum: 2022 05 22


Kontakbesonderhede:

Ds Gustav Opperman +27 083 503 4886

en Ina Opperman +27 83 650 2186

reformeer@gmail.com

woordeuitsywoning.com

Kontak ons gerus indien u vrae het oor geloofsake.


Ons Woorde uit sy Woning YouTube-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.

Indien u ons YouTube-kanaal/webblad finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, sal ons sal dit waardeer. U kan direk 'n bydrae maak vanaf ons webblad.

· Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons Woorde uit sy Woning lewensvatbaar.

Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:

Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms

www.ico.org.za info@ico.org.za

Tel: 0824914965/ 012 332 0336

Orrelis: Harry Jonkers

Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.

With thanks and appreciation:

Opus One Creative Commons Attribution 4.0

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page