top of page

Kom, loof die Heer!

Ps 95 Ds Gustav Opperman Psalm Bybelstudie: God se Liedere @WoordeuitsyWoning

Aan die een kant: die oproep tot die genade van die Here, tot die dankbaarheid, tot die vreugde in die Here en dan aan die ander kant die doodsklokke wat lui wanneer iemand begrawe word, of soos wanneer 'n volk begrawe word en hier in hierdie Psalm word spesifiek verwys na dit wat met Israel gebeur het in die woestyn. Hulle het nie hulle vreugde in die Here gevind nie en hulle was nie dankbaar nie. Volg die Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Woensdae.  


Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.  


Bron: Psalm 95 

Opnamedatum: 2023 11 06  


Music used in this video: 1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag 

Overture Sangers:  Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). 

Overture Musikante: Henning Dafel  - Klavier,  Cathy Dafel - Altviool,  Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt – Orrel  


Psalm 95:1,4: GK Krugersdorp, met dank en erkenning.  


Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ 

 Artist: http://audionautix.com/  

Credit thumbnail: getty images: qingwa

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page