
Klaar met Boerematriek! Op pad na Hemelse volwassenheid?
Kol 1 Ds G Opperman @WoordeuitsyWoning
Laat my lammers wei! Laat my skape wei! Voed die kudde! Sorg vir die gemeente! Daar waar gemeentes kwyn, daar waar hele kerkverbande uitsterf, is wanneer hulle hierdie eerste beginsel verwaarloos het, is wanneer hulle die melkkos begin minag het. Ons verlang nie meer soos kinders na die onvervalste melk van die Woord nie. Ons mos nou mooi groot, nie waar nie? Ons het mos nie nodig om weer gekatkiseer te word nie! Skryf gratis in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir meer as 850 video's, insluitend die Onse Kategismus vir Kinders, Helpende Woord, Preke, Bybelstudies en Geskiedenisvideo's. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.
Jy is nou ‘n volwassene word daarmee geïmpliseer en niemand moet jou iets verder probeer leer nie. Jy kan nou vir almal sê: Los my uit! Ek is nie meer ‘n kind nie. Die dominees, die ouderlinge in die kerk het nou ‘n moeilike taak, want aan hulle is opgedra om elke mens te vermaan, om elke mens te onderrig, soos die apostel Paulus in ons Skrifgedeelte sê. In alle wysheid te onderrig
Elke mens, die jongelinge, die matriekelinge, die studentelinge, die jong en die ou werkelinge, die enkelinge, die moeders en die vaders en so ook die bejaardes, die oues van dae ... Selfs hulle wat die T-hemp dra: “been there, done that”. Die ouderlinge moet elke mens, elke soort mens met die Here se Woord lei en begelei om hulle volmaak in Christus voor te stel. Ja, dit is hulle taak. Hulle is aan die kerk van alle eeue gegee, van die ou testament tot die nuwe testament: die apostels, die profete, die evangeliste, die herders, die leraars ... (soos ons in Efesiers 4 gelees het) die ouderlinge in vandag se terme ..., Hulle is aan die kerk gegee. Waarvoor gegee?
Bron: Lees Efesiers 4:1-16 Kolossense 1:3-2:3
Teks:Kol 1:28: "Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel."
Tema: Op pad na volwassenheid
Psalms: 147:1,2; 147:6.7; 95:1,4; 86:3,6; 89:1,6
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/