top of page

Klaar gepraat!

Hebr 12 Ds G Opperman Nabetragting GK Innesdal Nagmaalreeks 15c @WoordeuitsyWoning ​

Daar is baie mense wat sê dat hulle Jesus volg, maar as Hy vir hulle die pad wys, en as daardie pad te steil lyk, of as die versoekings skielik opduik, dan soek hulle ‘n tweede opinie. Dan is Jesus en sy Woord nie meer genoeg nie. Dan luister hulle eerder na die slang, die Vader van die leuen, die een wat in die paradys vir Eva gesê het: Is dit so dat God gesê het ...? Nabetragting: Hebr 12, ds Gustav Opperman, GK Innesdal. 


 ‘n Professor, ‘n berader, ‘n “You Tube influencer”,  ‘n ander dominee of ‘n pastoor met ‘n sagte strelende woord, wat die ore streel ... of ‘n sinode met wat met botterwoorde die kerk vir die wêreld probeer aanvaarbaar maak ...  Dan soek hulle ‘n tweede opinie.  Die Hebreërs aan wie hierdie brief gerig was ... hulle het aan die genoegsaamheid  van die Middelaar, Jesus begin twyfel.  Volgens baie het hulle weer die seremonies en gebruike  van die Ou Verbond nodig gehad.  Terwyl daar geen vergelyking moontlik is nie. In Jesus het ons ‘n alles oortreffende Middelaar ... 


Daar is nou geen ander manier  om tot God te nader nie.  Wat ‘n voorreg! Ons het ‘n groot Hoëpriester  wat deur die hemele gegaan het Ons het ‘n sondelose Hoëpriester, maar Hy het terselfdertyd medelye met ons swakhede. Deur Hom het ons nou vrymoedigheid om die troon van God direk te nader ... In hierdie brief word dit die troon van genade genoem ... Die plek waar ons barmhartigheid kan verkry  en genade vind  om op die regte tyd gehelp te word (Heb 4:16).  


Bron: Heb. 1:1-14; 12:14-29 

Opnamedatum: 2023 02 19  


Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: 

Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page