top of page

Ken jy jou probleem?

Preek Romeine 7 - Woorde uit sy Woning

Daar woon 'n monster in elke mens. Daarom moet die HERE se Wet gepreek word, sodat ons daardie monster binne ons geopenbaar kan sien. Dit help nie om die Evangelie aan mense voor te hou wat geen sondebesef het nie. Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God youtube.com/c/WoordeuitsyWoning. Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. vanaand onderrig die Here se apostel ons in die diepte van ons sonde probleem. Ons leer weereens dat die sonde tot in ons diepste wese, tot in ons DNA, ons chromosome nes gemaak het en dat ons die Here wet nodig het om dit daar te ontbloot. Die mensdom se sonde is ‘n groot probleem. Dat die politici so lieg en steel, is ‘n groot probleem. Dat my bure so suip en raas, is ‘n groot probleem. Dat die taxis op ons paaie so onbeskof bestuur, is ‘n groot probleem ... My eie sonde, daarenteen, is ‘n klein probleem. Ek het nou wel ‘n paar slegte gewoontetjies, wat ek wel een of ander tyd kan regstel. Omdat ons almal se sondeprobleem so klein is, het ons ook net ‘n klein Verlosser nodig ... ‘n klein Verlosser, wat ons soos ‘n gelukbringertjie aan ons nek kan hang ... ‘n klein Verlosser, wat ons dalk kan help die dag as dinge werklik skeef loop. ‘n Liewe Jesus wat ons nader kan trek die dag as niks meer wil uitwerk nie. Hierdie klein sondeprobleem mense met hulle klein Verlosser het natuurlik ook ‘n probleem met die Here se wet. Dis nie iets wat hulle die heeltyd in hulle gesig wil hê nie. Hulle is christene ja, maar nie “Ou Testamenties” of “wetties” nie! As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. Bron: Romeine 7.10 Ken jy jou probleem? Romeinereeks: Reg voor God#33 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2019 08 04 Hierdie Bybelstudiereeks kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Music: Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition position: 385
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page