top of page

Ken ek Christus?

Efésiërs 4 Ds Gustav Opperman te GK Rooiwal Woorde uit sy Woning

Die mense het die duisternis liewer as die lig. Hulle het geen aptyt vir die vir die dinge van die Here nie. Moenie hulle van ‘n God vertel waarin hulle nie glo nie!  Moenie hulle van ‘n Boek vertel wat hulle nie lees nie! Moenie hulle van sonde vertel wat hulle nie pla nie! Moenie hulle van ‘n hel vertel wat hulle nie glo bestaan nie. Stroom af. Al die dooie visse dryf stroom-af! Ken jy Jesus Christus? Woordverkondiging te GK Rooiwal: Ef 4, ds Gustav Opperman. 


Ondersoek julself  of julle in die geloof is;  stel julself op die proef.  Of is julle nie seker van julself  dat Jesus Christus in julle is nie ...? (2 Kor 13:5)  En word anders ... word anders as die wêreld ... Verander. Lê die ou mens af Word vernuwe. Beklee julle met die nuwe mens.  Jy is nie net gemaak en laat staan nie. Jy is nou lewend gemaak. Jy is wedergebore. Jy is nou onder die leiding van God se Gees ... dieselfde Gees wat eendag hemel en aarde nuut sal maak. 


Dinge is nie maar net soos dit is nie ... dinge is nie maar eenmaal net so nie.  Ons leef en praat asof ons nie in verandering glo nie, asof dit nie moontlik is nie.  Maar ons moet onthou: ons was nog nooit alleen in hierdie stryd nie.  


Verandering kom deur die vernuwing van my gemoed. Vul jou denke met iets anders. Vul dit met God se Woord, vul dit met Goddelike gedagtes: Alles wat waar is, alles wat eerbaar is,  alles wat regverdig is, alles wat rein is,  alles wat lieflik is, alles wat loflik is ... watter deug en watter lof daar ook mag wees,  bedink dit.  


Bron: Ef 2:1-10; 4:17-24  

Opnamedatum: 2023 01 08  

Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  Met dank en erkenning:  

Ps 144 Glorieryke Psalms  www.ico.org.za info@ico.org.za  

Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page