top of page

Kan ek genade koop? God se genade is verniet, maar nie goedkoop nie!

Preek 2 Konings 5 - Woorde uit sy Woning

Naäman was ‘n BBP, ‘n belangrike persoon, maar ... maar melaats ... Onder die Israeliete, wat hierdie dapper man as buit weggevoer het, is daar ‘n dogtertjie ... en die word mevrou Naäman se diensmeisie ... En hier openbaar die HERE Homself weer as die Here ... die Here tot in die kleinste besonderheid ... want hierdie skynbaar onbelangrike kindjie dra die sleutel van kennis ... die sleutel van kennis wat die Evangelie vir Naäman oopsluit ... Op soek na genesing onderneem die leërowerste van Aram onderneem ‘n gewigtige reis na die land wat hy sopas geplunder het ... Naäman dra ‘n gewigtige brief van een koning aan ‘n ander ... en die gewig van silwer en goud wat hy saamneem ... goud wat stom was en reg moes maak wat skeef en krom is ... daardie gewig was 340 kg en 90 kg onderskeidelik ... (Dis nou in vandag se terme ...) Naäman het ‘n groot probleem gehad en groot probleme word (volgens sy denke) alleen deur groot geld opgelos ... Die Koning van Israel op sy beurt kyk weer deur die politieke bril ... Hy weet met wie hy te doen het ... Waar ander slegs die silwer en goud raaksien, daar sien die koning van Israel slegs probleme ... sien hy slegs ‘n moontlike lokval ... en daar openbaar hy namens die hele afvallige Israel sy ongeloof ... Daar sit die koning van Israel sonder die sleutel van kennis ... En so bevind die Baie Belangrike Persoon hom kort daarna voor Elisa se blyplek ... met sy dienaars en wagte kreunend onder die gewig van hulle wapentuig, saam met die stomme diere swetend onder gewig van die waens vol goud en goed ... En ... en ...Elisa kom nie eers uit nie! maar stuur sy eie boodskapper na buite ... Kort en saaklik is sy woorde: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan, dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees. Kort en saaklik: die weg tot genesing die weg tot die beloofde land die weg tot Jahwe, die weg tot die lewende God loop deur die Jordaan. Gaan doop jouself in die Jordaan! Naäman vererg homself vir hierdie woorde ... Naäman wil nie die opdrag uitvoer nie ... Naäman kan nie begryp hoe Elisa hom so kan behandel nie ... Weet hy nie met wie hy te doen het nie? Elisa het dan nie eers uitgekom nie ... Daarom moet ons vandag mooi oplet na die profeet Elisa en sy weiering om in ten tyde van soveel behoeftes ... om die geskenk van Naäman te aanvaar ... Bron: Preek 2 Konings 5: Kan ek genade koop? Ds Gustav Opperman position: 611
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page