top of page

Jy is uitverkies! Juig! Weet jy verseker?
Preek Efésiërs 1 - Woorde uit sy Woning
Prk Efesiërs 1 Juig in jou uitverkiesing! 2017 07 23 Lees Efesiërs 1:1-23 Teksverse: Efesiërs 1:3,4 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees Broeders en Susters, Dit was die groot hervormer, Martin Luther, wat gesê het: Die duiwel is God se aap ... bedoelende hy is God se na-aper. Met elke goeie ding wat God daar gestel het, met elke geestelike seëning wat die mens van die Here ontvang, sal die duiwel daarna kom ... sal duiwel daarna kom en iets anders in die plek daarvan stel ... 'n verwringing, 'n verwronge namaaksel, 'n drogbeeld. God het die heilige huwelik daargestel. Daarteenoor kom die duiwel en hy gee ons vrye seks of die sogenaamde gay huwelik. God skenk sy heilige diakonale barmhartigheidsdiens aan die mens. Die duiwel antwoord met die werk van die Vrymesselaars en hulle meelopers. God skend die mensdom sy profete. Die duiwel antwoord deur die valse profete. God het Christus daar gestel. Die duiwel stel die Antichris daar. En ook ... ook vir God se soewereine uitverkiesing het die duiwel 'n antwoord, want hierdie aap kom en hy stel die mens daarteenoor aan die Geluksgodin voor. Hy stel ons voor aan Mama Lotto, en sy word die een wat kies. Sy sal 'n gelukkige wenner kies. Sy sal dit doen deur 'n gelukkige trekking of deur 'n casino-speletjie of perderwedren, of deur die val van 'n dobbelsteen ... Om sodoende van die uitverkiesende God 'n bespotting te maak. Om sodoende 'n bespotting te maak van die heilige woorde wat ons hier saam gelees het: Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus ... Ons loof en prys die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het ... wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos die Vader ons in Hom uitverkies het. Ja, Hy het ons uitverkies voor die grondlegging van die wêreld uitverkies om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees Geliefdes, daar is 'n verskil. Daar is 'n verskil tussen die onverdiende genade wat ons van God ontvang ... en die meevallertjies wat die mensdom van die Geluksgodin ontvang. Die Geluksgodin sal met 'n groot fanfare by jou aankom, met geld en geskenke, met rykdom en met vet tjeks, terwyl God se uitverkiesende liefde na jou toe kom met geestelike seëninge. Dit is seëninge wat nie met die menslike maatstawwe gemeet kan word nie. Geestelike seëninge is vir diegene wat nie op die sigbare dinge let nie, maar deur God gelei word om na die onsigbare te verlang. Geestelike seëninge is vir diegene wat 'n verstand het met verligte oë, soos ons hierdie Skrifgedeelte gelees het. Wanneer die gelowige van God se uitverkiesende genade bewus word, dan is daar net een gepaste reaksie dan is daar net een gepaste houding, Geliefdes en dit is op jou knieë. Dankie, onse Vader, dankie dat ek 'n plek in u Vaderhuis mag hê! Dankie onse Here Jesus Christus dat U daar vir my 'n plek verwerf het! dat U daar in die Vaderhuis vir my vergifnis verwerf het deur u bloed ... Dankie vir hierdie wonderlike erfenis, hierdie wonderlike erfdeel waaraan ek ook deel mag hê! Nou mag u wel vra, Geliefdes, as ek dan niks kan sien nie, hoe kan ek weet ... hoe kan ek seker wees dat ek uitverkies is? position: 730
bottom of page