top of page

Juig of huil? Matlabas Eeufees

Preek Esra 3 - Woorde uit sy Woning

Teks Esra 3:12-13: Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het. En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is. Terwyl die meule van die geskiedenis oënskynlik meedoënloos voortmaal, was daar vir ons ’n klein oomblik genade van die kant van die Here onse God, om vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en ons ’n pen te gee in sy heilige plek. Esra se gebed (Esra 9:8,9). ‘n Klein oomblik se genade om te ontsnap ‘n geleentheid om terug te keer na sy heilige plek, na Jerusalem, om op te gaan na Sionshoogte om weer in God se tempelpoort te staan met jubelende lofgesange. ‘n Pen in sy heilige plek, ‘n anker, ‘n vashouplek by die HERE, terwyl die stormwaters van die tyd voortstroom deur die een stroomversnelling na die ander ... Dan die Egiptiese Empaaier, dan die Assiriese Empaaier, dan die Babiloniese Empaaier, nou die Persiese Empaaier ... Die Romeinse Empaaier was aan die kom ... So gaan die chaos van die eeue aan en aan ... en aan ... Maar hier, by die God van die verbond, is daar ‘n pen, ‘n vashouplek ... Verademing ... ‘n Geleentheid om weer te kan asemhaal, rus by God se altare. Sonder God se pen in hierdie aarde is die volk verlore. Sonder die HERE se anker is die hele wêreld verlore. .. ! position: 710
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page