top of page

Jou naam in die Boek van die Lewe

Preek Johannes 8 - Woorde uit sy Woning

Hoor u ook die roepstem, geliefdes? Het u ook al die roepstem gehoor? Dis waar die lyn van skeiding lê. Dit lê in God se boek, die boek van die lewe. Jou naam staan of in daardie boek geskrywe of dit staan nie daar opgeskrywe nie. Christus is die fontein van lewende water en wanneer jy Hom minag, wanneer jy Hom misken. dan sal jou naam op die grond geskrywe word. Woordverkondiging: Johannes 8, ds Gustav Opperman. Met elke nagmaal, daarvoor en dikwels ook daarna is daar ‘n taak wat die ouderlinge eers moet afhandel. Hulle moet by die ouderlingvergadering verslag lewer van hulle huisbesoeke. Elke lidmaat moet volgens die lidmaatregister besoek word. Van elke lidmaat op die lidmaat register moet verneem word of Hy of Sy die verlange het om saam met die ander lidmate aan die Here se tafel te kom aansit. Elke lidmaat van die kerk van ons Here Jesus se naam behoort op ‘n lidmaatregister verskyn Dis hoe dit volgens God se Woord vir ons voorgeskryf word. ‘n Register van name van die wat opgeneem is in die geledere van God se verbondsvolk. Vroeg in die Bybel maak ons kennis met naamregisters en geslagregisters. Reeds Génesis 5 lees ons van Adam se geslagsregister en dan volg daar nog baie ander. Groot gedeeltes van Bybelboeke soos Kronieke en Nehemia bestaan omtrent net uit naamregisters. Dat God se volk se name opgeteken moet word, is vir Hom baie belangrik. Die belangrikste naamregister in die Bybel is die boek van die Lewe. Dis God se persoonlike naamregister. Die name van diegene wat bestem is vir die ewige lewe, is geskryf in die boek van die lewe van die Lam. Ons kan sê dat hulle name so vas en seker daar staan onuitwisbaar neergeskryf met ‘n onuitwisbare ink. Ons kan sê: hulle name is neergeskryf met die bloed van die Lam. Bron: Johannes 8 Jou naam in die Boek van die Lewe Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 09 09 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 121
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page