top of page

Jesus is nie John Wayne nie!
Doop, Preek Josua 5 - Woorde uit sy Woning
Prk Josua 5 Jesus is nie John Wayne nie! (Doop PGW Roets) 2018 03 04 Lees Jos.5 Jos: 5:13 Ek is die leërowerste van die HERE, Ek het nou gekom. Tema: 'n Man wat Sy Man kan staan Sing: Ps. 65:1,3, 65:8,9, 2:1,6, 105:1,2,4, 68:15,16 Broers en susters in die verbond 'n Bekende teoloog het ‘n tyd gelde gesê gesê: Jesus Christus was nie 'n John Wayne nie … (Vir diegene wat nie weet nie: John Wayne was die held van baie Cowboy flieks in die ou dae) Hy is natuurlik reg: Jesus Christus was nie 'n John Wayne nie … Maar ons kan ook sê: Het ons maar in hierdie tyd 'n John Wayne gehad! Het ons maar 'n man gehad 'n man wat sy man kan staan en 'n arm wat 'n slag kan slaan … 'n oog wat nie wyk, wat 'n bars kan kyk, en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan …” So soos 'n Afrikaanse digter 80 jaar gelede manlikheid beskryf het … Sou ons nie graag so 'n leier vandag aan ons kant wou gehad het nie … John Wayne of wie ookal … in die geestelike stryd wat ons elke dag moet stry nie …? Het ons maar 'n leier gehad 'n man wat sy man kon staan … Ons maal vandag soos skape rond … sonder 'n Herder … Leierloos, rigtingloos … Intussen slaap die goddelose wêreld rustig agter Jérigo se mure … In Rigters 5 word ons saam met Josua voorgestel .. voorgestel aan die regte Man 'n Man wat Sy Man kan staan … Hy staan teenoor Josua … 'n Man met 'n ontblote swaard in sy hand … Hy is die leërowerste van die HERE en Hy het nou gekom … Wie dan is die Man met die ontblote swaard? Die Een voor Wie Josua neerbuig? Die Een voor Wie Josua neerval? 'n Snaakse gesig om hom so te sien: die aanvoerder van die Israeliete … Josua gesig in die stof. Voor hy kan nader kom, moet hy eers sy skoene uittrek. So soos Moses dit moes gedoen het daar by die brandende braambos … kaalvoet op die kliprante … plat op die grond … heilige grond … Neergebuig voor hierdie skrikwekkende Figuur. 'n Geweldige kryger met die ontblote swaard … 'n Man wat jou nekhare sal laat regop staan … 'n Man wat jou nat laat word met 'n doodsweet … 'n Man wat van kniekoppe watersakke maak … Johannes beskryf so 'n Man in die begin van die boek Openbaring: Sy oë was soos 'n vuurvlam Sy stem soos die stem van baie waters En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig! sy aangesig was soos die son die son wat skyn in sy krag. En toe Johannes Hom sien, val hy soos 'n dooie aan sy voete (Openbaring 1:14-17). Jesaja beskryf ook so 'n Man in die 63ste hoofstuk van sy boek: Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos dié van een wat die wynpers trap? En dan praat die Man. Hy sê: Ek het die pers alleen getrap Ek het hulle getrap in my toorn Ek het hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat het sodat Ek my hele gewaad bevlek het. Want die dag van wraak was in my hart … Genade tog! As hierdie wêreld maar net vir een oomblik kon besef … As hulle maar vir net een oomblik kon besef met Wie hulle te doen het … as hulle so al vloekende met sy Naam by die straat afstap … As hierdie Polisiekar popgroep maar net ‘n idee gehad het Wie dit is wat hulle vloek ... Jesus Christus is nie John Wayne nie! Nee, Hy is meer as tienduisendmaal erger! Hy is absoluut verskriklik ! Ek is die leërowerste van die HERE, Ek het nou gekom. Wil ons graag die Leërowerste van die HERE aan ons kant hê? Soek ons die Man wat sy man kan staan? Luister dan wat Hy in die evangelie volgens Johannes vir ons sê: Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet, en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en Ek sal My aan hom openbaar … (14:21) Die HERE openbaar Hom aan diegene wat besig is om sy gebooie lief te hê. Dis op die pad van die volk se verbondsgehoorsaamheid dat die Leërowerste van HERE aan Josua verskyn … position: 691
bottom of page