top of page

Jesus die Lewende Water
Preek Johannes 7 - Woorde uit sy Woning
Daar is diegene wat Jesus soek om Hom dood te maak. En dan is daar die ander, diegene wat Jesus soek juis omdat hulle die lewe vir hulleself soek. Almal is soekend. Is dit nie ironies nie? Op die loofhuttefees, tuis in die Vaderhuis, maar nog steeds rusteloos op soek. Woordverkondiging Johannes 7, Nehemia 8, ds Gustav Opperman,. En dis dan geen wonder dat die watermotief so ‘n groot rol speel in die Bybel nie. Daarin lees ons dikwels van die mens se dors ... en daar lees ons ook van die mens se groter dors, ‘n dors wat hom soekend maak, ‘n dors wat hom uiteindelik in sy nood rasend maak. ‘n Dors wat ons dalk ook ken ... hier waar ons weekliks in die Here se huis bymekaar kom? En daarom behoort ons ook ons ore te spits ... wanneer ons sy stem hoor ... die stem wat roep: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Die Here Jesus se stem weerklink tussen die tempelmure op die laaste dag, die groot dag van die fees ... (so het ons gelees) die loofhutte fees ... sekerlik self die toppunt van al die Joodse feeste. Bron: Nehemia 8:14-19, Joh. 7:1-14, 37-53 Jesus, die Lewende Water Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2019 12 08 ' Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 256
bottom of page