top of page

Jesus Christus bring lewende water

Nagmaal Preek Johannes 4 - Woorde uit sy Woning

Wie sou wis wie Hy was? Hy is dors, maar Hy bied terselfdertyd water aan ... lewende water. Hy sê: Dis die beste water wat daar is. dors jou siel na God? Dis ook die vraag vir ons hier vandag. Het jy nie ook ‘n sieledors nie? Nagmaal: Johannes 4, Ds Gustav Opperman,. Verlang jy nie ook na iets beter nie ... na iets oneindig beter nie ? So sê die HERE deur sy profeet Jesaja, Wees nie bevrees nie, Jakob, Jakob wat Ek uitverkies het! Wees nie bevrees nie, want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond, Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope (Jesaja 44:1 ev.). Het ons nie ‘n behoefte aan iets beter nie ... U weet dat die Here Jesus vir die behoeftiges gekom het ... U weet dat Here Jesus juis gekom het vir die by wie daar iets ontbreek ... vir hulle wat ‘n onversadigbare verlange na iets beters het ... Mag dit so wees dat u almal saam met my daar sal staan ... saam met daardie feestelike skare wat Johannes in Openbaring beskryf ... Hulle staan voor die troon van God Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger het nie Hulle sal nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee. Ons vier vandag die heilige nagmaal ... Vir sommige miskien net ‘n krummeltjie brood en ‘n slukkie wyn ... ‘nog ‘n ietsie langs die pad vir vandag se honger en dors ... Ander weer neem daardie brood en wyn en verhef hulle harte tot Jesus Christus en hulle word gelaaf en gevoed met die spyse van ewige lewe .. Bron: Johannes 4 Jesus Christus bring lewende water Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 11 28 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Gemeentesang: Psalm 116 position: 51
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page