top of page

Jesus: Hoeksteen of Struikelblok?
Preek Romeine 9 - Woorde uit sy Woning
Dit gaan oor God en wat Hy in ons lewens doen en ons wat daardie Doen van God, in die geloof omhels. Dit gaan oor Jesus Christus en sy verdienste, die geregtigheid wat Hy vir ons verkry het. Dis die goue draad wat deur die hele Romeinebrief loop. Trouens, dis die goue draad wat deur die hele Bybel loop. Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. If you want to understand the essence of humanity's problem and God's answer to that, read the letter to the Romans. After nearly two thousand years, this letter, like the rest of the Bible, has resisted the test of time, and it only shines with urgent topicality today. Paul, the slave of Jesus Christ, had an intention to visit the Christians in Rome. For several reasons it was not possible and therefore he wrote to them a letter ... a remarkable letter. This letter explains the main doctrines of what he calls the Good News. The letter to the Romans would later become the fundamental document of the Christian doctrine. Rev Gustav Opperman guides you on this journey of sermons from Romans. We currently have about 27 video's in this series with English Subtitles. Please visit our the main page of our YouTube channel, There you will find the playlist: Romans - Justified. As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In hierdie reis deur die reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou. U sal daar die snitlys vind onder die afdeling: Kategismus en Belydenis in Aktuele Styl die tema kry: Romeine: Reg voor God. Wat sal ons dan sê so begin Paulus hierdie Skrifgedeelte. Wat sal ons sê oor Israel, Wat sal ons sê oor die volk van die verbond, wat die geregtigheid nagejaag het, maar dit nie bereik het nie ? Wat sal ons sê van die heidene wat dit nie nagejaag het nie, maar wel geregtigheid verkry het? Niemand jaag werklik die eintlik geregtigheid na nie. Dit het die apostel Paulus alreeds aan die begin van die brief geskryf. Onthou u nog? Romeine drie: Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie (Romeine 3:11,12). Ware geregtigheid kan net van God self kom. Geen mens sal dit vind deur dit na te jaag nie. Dit gaan oor God en wat Hy in ons lewens doen en ons wat daardie doen van God in die geloof omhels. Dit gaan oor Jesus Christus en sy verdienste, die geregtigheid wat Hy vir ons verkry het. Dis die goue draad wat deur hierdie hele brief loop. Dis die goue draad wat deur die hele Bybel loop. Dis waar, hierdie Man van Galilea was, menslik gesproke, ‘n onwaarskynlike Verlosser en so is die mense wat in Hom geglo het, die heidene, die onwaarskynlike ontvangers van daardie Verlossing. Soos die Here Jesus self gesê het: baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste (Markus 10:31). Bron: Romeine 9:33-10:4 Jesus, Hoeksteen of Struikelblok? Romeinereeks: Reg voor God#49 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 02 09 Music used in this series: With thanks and appreciation: Sarabande YouTube Audio Library Sarabande Classical Dramatic Joel Cummins 2:01 YouTube Audio Library License You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required. YouTube may credit the artist and link the Audio Library from your video. You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted). position: 249
bottom of page