top of page

Is ons volk verlore? Sal die Here weer help?

Preek Rigters 10 - Woorde uit sy Woning

Die gedoopte Afrikanervolk van ons tyd het nog nie ... het nog nie hierdie dieptepunt bereik nie. Die afgedoopte Afrikanervolk het nog nie die onderste bodem getref nie. Verlos ons tog net vandag! Geen verskonings meer nie. Net onvoorwaardelike oorgawe aan die Vader ... Is ons afgodery nie ook al sewevoudig volledig nie? Baie gedoopte Afrikaners dien vandag Moeder Aarde. Gedoopte Afrikaners soek vandag self die bonatuurlike. Gedoopte Afrikaners se eie kinders word aan die god van sport en prestasie geoffer, terwyl daar in baie gevalle min of niks van hulle geloofsonderrig tereg kom. Gedoopte Afrikanerdogters se lywe blink en flits van bo tot onder ... in diens van die seksgod. Ja, tot selfs op ‘n Sondag hier in die huis van HERE. Gedoopte Afrikaners buig al lankal diep voor die god van materialisme ... die god van altyd meer, altyd beter, altyd mooier. Ons kan die lys nog baie langer maak. Gedoopte Afrikaners het die god van menseregte omhels. Hulle soek skuiling in ‘n Goddelose grondwet. Maar helaas ... die ellende het ook nie uitgebly nie. Ons is intussen gestroop van selfregering. Die grond word by die dag van ons afgevat. Moord, roof, bloed en geweld maai onder ons gedoopte Afrikaners. Die opvoeding van ons kinders word deur ‘n heidenstaat beheer. Hoe harder ons probeer om geld te maak, hoe minder geld het ons. Ons gesinne en huwelike is flenters. En snaaks genoeg, hoe harder ons probeer om “sexy” te wees, hoe minder kinders is daar ... en hoe minder kinders daar is, des te meer krimp en kwyn kerk en skool. Gedoopte Afrikaners is besig om op elke terrein te krimp en te kwyn. Ja, die meetsnoere het vir ons op lieflike plekke geval, maar wat het daarvan geword? Miskien sal die Akte van menseregte julle help! Doen ‘n beroep op die howe! Dalk sal die Verenigde Nasies notisie neem of ‘n nuwe Amerikaanse president? Hoe is dit moontlik dat die HERE so hard kan wees? Is Hy dan nie die Heer van goedheid enendig, wat hoor ... as ons diep ellendig ... as ons in ons krag verkort ... ons klag voor Hom soos water stort? Hoekom die harde antwoord: Gaan terug na julle afgode toe laat dié julle help? Bron:Rigters 10 Sal die Here weer help? Sewevoudige sonde, oneindige geduld. Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 585
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page