
Is jy arm of ryk? Die antwoord lê by Hom!
Preek Psalms 73 Heidelbergse Kategismus 42 - Woorde uit sy Woning
Die goddelose leef skynbaar geseënd, maar ons wat erns maak met die Here, erns maak met die kerk, kyk hoe swaar kry ons! Volg die HK Troosreeks: Bely uit die Psalms op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Ek het nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë, totdat …. totdat ek in die heiligdom van God ingegaan het … En hier het ons 'n wending in die psalm. Die draaipunt in Asaf se denke kom as hy in die heiligdom ingaan. Wat sou dit beteken? As Asaf maar meer gesê het, maar hy sê niks meer nie, net dit: Hy het by die heiligdom ingegaan. Miskien sou dit vir Asaf nou gepas wees om te luister, om te luister na die woorde van 'n ander profeet. Habakuk sê: Die HERE is in sy heilige tempel -- swyg voor Hom, o ganse aarde! As jy die antwoord wil hê, Asaf, moet jy dit buite jouself soek. As jy die antwoord wil hê, Asaf, het jy 'n wyer uitsig nodig. Gaan staan swygend in die heiligdom. Voel hoe God jou aan jou regterhand vat. God lei jou deur sy raad. Kyk … en Hy open jou geestesoog. Vir jou is dit asof die voorhangsel reeds geskeur is. God laat jou sien tot in die Allerheiligste. Kyk, daar is die ark met God se wet daarin. Dit bevat God se wil. Laat sy Gees jou Leermeester word. Totdat dit gebeur, sal jy niks verstaan nie ... Hoor en lees wat die apostel Paulus aan die Korintiërs sê: Julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word (2 Korinthiërs 8:9). Hierdie is die 52ste video in die Troosreeks: Bely uit die Psalms. Om die volledige reeks in die regte volgorde te kyk, besoek asb ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning, se hoofblad. U sal daar onder die afdeling: Kategismus en Belydenis in Aktuele Styl die duimdruk vind vir die Troosreeks: Bely uit die Psalms. Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 42 Psalm 73 Is jy arm of ryk? Die antwoord lê by Hom! HK Troosreeks: Bely uit die Psalms#52 Ds Gustav Opperman 2018 04 22 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Intro: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Outro: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 376