top of page

Is jy 'n Hereverwagter of Hereveragter

Preek Psalms 37 - Woorde uit sy Woning

Hulle verag die Here. Hulle lewe 'n lewe sonder God. Hulle beplan hulle lewe sonder God. Hulle is HereVeragters. Teenoor hulle staan die HereVerwagters. Hulle grootste behoefte is om die vriendelike aangesig van God te sien. Woordverkondiging: Psalm 37 Ds Gustav Opperman. En steeds hou dit net aan ... die een korrupsie saak na die ander ... die minister van gesondheid en sy familie en kornuite beroof die staat van ons belastinggeld geld ... miljoen der miljoene geld wat vir die arme mense se gesondheid bedoel was. Dis die tye waarin ons leef en so gaan dit in die land waarin ons leef. Almal, eenvoudig almal van regeringsamptenare tot ko-operatiewe hoofde tot bankrowers tot bedrieërs tot plunderaars, van ryk Mercedes eienaars tot arm winkeltrollie stoters is almal almal besig om te steel en te roof of te bedrieg op watter wyse ookal. Teenoor hulle is: die ootmoediges. Hulle is nie tevrede met die hier en die nou nie, hulle wil inderdaad meer hê. Die Hereverwagters wil iets hê wat nie nou onmiddellik tasbaar en beskikbaar is nie. Hulle wil God hê. Hulle wil soos Jakob by die Jabokrivier geseën word, deur die HERE geseën word en daarvoor is hulle bereid om met die HERE te worstel, daarom wil hulle Hom nie laat los nie. Hulle soek ‘n erfdeel, nie ‘n hier en nou erfdeel nie. Hulle soek ‘n erfdeel wat tot in ewigheid bly. Die ootmoedige se begeertes word deur God vervul, op sy tyd deur God vervul en die genot daarvan duur lank ... baie lank ... tot in ewigheid. Daarom is die ootmoediges bereid om te wag ... en te wag ... en te wag op God se genade. Soos Simeon en Anna daardie getroue ou tempelgangers in die begin van die evangelie volgens Lukas soos hulle jaar in en jaar uit gewag het, hulle het op die vertroosting van Israel gewag. So staan dit daar. Hulle is die ootmoediges. Hulle is die sagmoediges, wat alles wil hê, wat die koninkryk van God en sy geregtigheid wil hê. Bron: Psalm 37 Is jy 'n Hereverwagter of 'n Hereveragter? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 10 03 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 102
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page