top of page

Is jou siel onrustig?

Preek Psalms 42 - Woorde uit sy Woning

Daar is een hoofrede hoekom die ware gelowige so onrustig is: Totdat die kind van God eendag in die Vaderhuis is, sal daardie kind altyd rusteloos wees. Ons siele was vir God geskape en daardie siele sal nooit tot rus kom voordat hulle nie in God tot ruste kom nie. Woordverkondiging, 14 Junie 2020 uit Psalm 42, ds Gustav Opperman,. Dis die boodskap van Psalm 42 en soveel van die ander Psalms, trouens die hele Bybel. Onweerstaanbaar word ons nader aan God getrek So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. So skryf die apostel Paulus aan die Romeine (Romeine 9:16) Dis nie my wil of my pogings wat my die Here uitbring nie, maar die God self. Hy trek my met koorde van liefde, soos die profeet Hosea dit stel (Hosea 11:4) Met die kind van God op sy pad na die Vaderhuis is dit egter nie so maklik nie ... die pad is nie glad nie ... daar is weerstand. Weerstand van ander mense, maar ook beproewinge en struikelblokke langs die pad Dikwels, baie dikwels is dit die las van my eie swaarmoedigheid wat my aftrek, wat my terughou. In Handelinge veertien lees ons hoe die apostels op hulle eerste sendingreis mekaar bemoedig ... Nadat hulle reeds uit die sinagoges moes vlug, nadat Paulus in Ikonium deur die skare met klippe gegooi is. het hulle mekaar bemoedig deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan (Handelinge 14:22). Ons psalmsingende gelowige huil na binne ... die trane loop nie oor sy of haar wange nie, maar dit loop na binne. Hy sLukas sy trane in stilte. Dit word sy spys dag en nag en kom lê hier in die hartskamers. En die gelowige se trane loop in besonder, wanneer sy siel sug wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn? Bron: Psalm 42 Is jou siel onrustig? Het jy die erediens gemis? Is dit deel van jou onrus? Eerste erediens in grendelstaat 3 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 06 07 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 42 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 393
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page