top of page

Is jou kinders jou alles? Waar begin opvoeding? Kies Vader of Pappie.

Preek 2 Samuël 19 - Woorde uit sy Woning

Dawid was 'n dierbare “dedda”, maar hy was nie 'n goeie vader nie. Met hoeveel pa’s, hoeveel ouers, is dit nie vandag die geval nie? Ouderlinge, dominees, pa’s, ouers, oupas ... Hulle het die wêreld oorwin. Hulle het alles bereik wat hulle wou. Hulle staan sterk in die kerk en die samelewing ... maar hulle kan hulle eie huis nie regeer nie. Ons kom nou al 'n lang pad met die opstandige jeug, Kinders wat die vaders se waardes verwerp. Dis nie meer snaaks of ironies as daar van “gehoorsame ouers” gepraat word nie … Die apostel Paulus noem dat dit een van die kenmerke van die laaste dae sal wees: dat kinders ongehoorsaam aan hulle ouers sal wees. Op TV gaan omtrent geen amerikaanse gesinskomedie verby sonder dat daar gespot word met die slim kinders se dom ouers nie. In die laat sestigerjare van die vorige eeu, toe die jeug se opstand al duideliker geword het, het ’n popgroep gesing: “We want the world and we want it now …” Tien jaar later sing die popgroep “Pink Floyd” steeds dieselfde deuntjie: “We don’t need no education!” En dit word die strydkreet van 'n hele generasie. Dit word die strydkreet van die opstandige swart jeug wat toe deur die woonbuurtes van Suid-Afrika marsjeer en hulle boeke en skole afbrand. Baie van u sal dit nog onthou. Maar ook onder ons mense kom ons die “lost generation” tee. Hoe dikwels lees ons nie die koerant van ’n geval waar Pa en Ma ’n kind toegelaat het om na die matriekafskeid saam met die maats te gaan kuier … om saam met die maats by Margate of Plet te gaan kuier. Op pad terug smyt hulle die motor om. En dan hoor ons die smartkreet van die ouers: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Die werklikheid van 'n situasie wat nie meer omgekeer kan word nie. Gedane sake wat geen keer meer het nie. Spyt wat te laat gekom het. Waar het die dinge skeef geloop? Wat het verkeerd gegaan? Bron: 2 Samuël 19 Is jou kinders jou alles? Waar begin opvoeding? Kies Vader of Pappie. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning (2019 02 03) Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 539
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page