top of page

In die greep van die feesgees!

Preek 1 Samuël 7 - Woorde uit sy Woning

Lees 1 Samuël 7:2-12 Teks: 1 Samuël 7:3 As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen, dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne. Tema: In die greep van die feesgees Broers en susters in die volk van die verbond, Hoor u ook die gehuil die geweeklaag van die volk? Die gees van moedelose trane … Dit skreeu partykeer ten hemele … Misdaad, geweld, plaasmoorde … “So kan dit nie aangaan nie!” (So sê die koerantopskrifte) En dan gaan dit so aan … net al hoe erger … Die kerke voel genoodsaak om ‘n spesiale dag van verootmoediging uit te roep. Die regering sê dit het afgeneem, maar niemand is oortuig nie … Dis net die teenoorgestelde, so voel dit … Dit het eerder toegeneem … Daar is nog 'n ding wat toegeneem het onder ons mense in ons tyd … Feeste … feeste van allerhande soorte: Elke week 'n ander fees. Dis asof 'n feesgees ons mense beetgepak het: kunsfeeste, lentefeeste, bierfeeste, mampoerfeeste, rockfeeste, innie-bos-feeste en in Septembermaand in Potchefstroom is dit weer moederaarde se hartklop fees of Aardklop soos dit genoem word ... vloekfeeste en seksfeeste vir die harde baard manne en vroue … die een sokkie oppie koppie na ander … Hoe sê die een liedjie? “vanaand is ek ‘n loslappie …” En nou is dit moeilik vir my om te verklaar hoe ons hierdie twee geeste met mekaar moet versoen: Hierdie huilgees en hierdie feesgees … Ons kan maar net opmerk: Hulle is altwee daar … vir meer as tien jaar lank … Miskien het ons nog tien jaar nodig … die volle twintig jaar wat die huis van Israel geweeklaag het … voordat daar 'n verandering kom, voordat ons volk ryp is om te hoor: Hoofstuk 7 en 8 van die eerste Samuel boek sluit die Rigterperiode af 'n periode wat gekenmerk was deur drie verskynsels: Die woord van die HERE was skaars in die dae (1 Samuël 3:1) In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë … (Rig 21:25) 'n Treurige toestand … 'n Treurige toestand met treurige gevolge. In hoofstuk twee van die Rigterboek sien ons dit reeds: Hulle het die HERE, die God van hulle vaders, verlaat en die Baäl en die Astartes gedien, die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het, Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie. Teenoor die Filistyne staan die volk magteloos … Verarm en kinderloos. Hulle kan nie met die vyand in die poort onderhandel soos die held in Psalm 127 nie, want hulle het nie seuns nie … Daar is nie pyle in hulle koker nie … Hulle staan verleë … Hulle het hulle saad vermors op die altare van Astarte … Hulle het gesokkie, geboogie en gepaartie. Hulle was vanaand en elke ander aand ‘n loslappie, maar hulle het nie uitgebreek in 'n menigte nie. Hulle besit nog die beloofde land. Die Here het hulle mos die kaart en die transport gegee, maar hulle het nie meer die kinders om die land te beset nie. Hulle besit nog die plase, maar hulle kan nie meer die plase beset nie … Grondonteiening, plaasbesetting en plaasmoorde … Dis hulle voorland … En wat kry hulle daarvoor? Skole loop leeg. Kerke bloei bleek … En al die plae waarvan ons in die Rigterboek lees: geweld, wetteloosheid, stukkende huwelike, stukkende gesinne, verkragting en homoseksualiteit … en in ons eie tyd: geslagsiektes wat skrik vir niks. Iets gebeur hier aan die einde van die rigterperiode. Ja, die volk het geweeklaag … Maar dis nie snaaks nie … Hulle huil al vir dekades lank … Iets anders gebeur hier aan die einde van die rigterperiode. Op die woord van Samuel verwyder die kinders van Israel die Baäls en die Astartes … Op die profetiese woord begin hulle om die Here alleen te dien … Hulle kom bymekaar by Mispa … Hulle wil die Een God met Een hart dien … Hulle stort hulle sondes soos water voor die Here uit. Wat het ons al opgeoffer, broers en susters, om rein voor die Here te kan staan? position: 681
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page