top of page

Iets gebeur! Hemel en Aarde verbind

Preek Psalms 47 Heidelbergse Kategismus 18 - Woorde uit sy Woning

Daar het iets gebeur! Daar is iets besig om te gebeur wat vreugde in ons moet verwek! Wat is besig om te gebeur? Die verbinding tussen hemel en aarde word herstel. God is weer met ons. Ons is weer met God. Die vloek van die sondeval word opgehef. Jakob se droomleer word werklikheid. U onthou nog Jakob se droom in Génesis 28. In sy droom sien hy die engele beweeg met ‘n leer van die hemel na die aarde en dan weer van die aarde na die hemel. Dit was die essensie van Jakob se droom. Jakob droom van ‘n hemel en ‘n aarde wat weer met mekaar verbind word. Geliefdes, in Christus is daardie verbinding nou weer herstel ... nie vir die engele nie, maar vir ons ... ons mense. Die Christus het as mens na die hemel opgevaar. Ons menslike natuur is nou daar verteenwoordig ... daar in die paleissaal van die Allerhoogste ... daar in die teenwoordigheid van die Drie-maal Heilige. Alle volke,klap met die hande, juig tot eer van God met ’n stem van gejubel! Hemel en aarde is nou weer versoen. Dis met hierdie verstommende feit in gedagte dat ons eers die volgende vraag moet beantwoord? Hoekom sou die Ou Testamentiese gelowige Psalm 47 gesing het? Waar kom die Koragiete aan hierdie woorde? Hulle het tog geen getuienis van die hemelvaart nie? Hulle het tog nie soos die apostels die hemelvaart gesien en beleef nie? Hulle het nog nie ‘n opgestane ... en ‘n verheerlikte Christus geken nie ? Bron: Troosreeks: Bely uit die Psalms #26 Heidelbergse Kategismus 18 Psalm 47 Hemel en Aarde verbind Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning (2017 09 10) Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 position: 531

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page