top of page

Hy word lewendig!
Preek 2 Konings 13 - Woorde uit sy Woning
Deur die kontak met Jesus Christus, kom daar weer lewe in die wat dood is, deur Hom staan die doodsbeendere weer op. Begrafnisdiens vanuit GK Marbla Hall op 9 April 2021, Lourens Johannes Erasmus, gelei deur ds Gustav Opperman,. Besoek ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning vir bykans 600 video's, reekse en Bybelstudies. Teraardebestelling: ds Petrus Jansen van Niewenhuizen, GK Marble Hall. Teks: 2 Konings 13:21 En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende, daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi, en toe die man met die gebeente van Elisa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete. Soos dit gebeur het met hierdie man in ons teksgedeelte: 'n Man op pad na sy eie graf Daardie man land “per toeval”, kan ons sê, hy land per ongeLukas in die verkeerde graf … Hy kom in aanraking met die profeet Elisa se beendere … Hy word lewendig … Hy staan op sy voete. Hy het niks gedoen om dit te verdien nie …. niks. Hierdie gedeelte van die teks is nie verklaarbaar nie. Dat dit juis deur die aanraking met Elisa se gebeente gebeur Dit is makliker verstaanbaar As daar nou een uitstaande kenmerk van Elisa was, as ons hom moes tipeer, dan kan ons seker sonder teenspraak kon sê: Elisa was 'n profeet van die lewe. Elisa het wonder op wonder gedoen Die meeste van hulle het lewe gebring … Lewe gebring waar daar voorheen geen lewe was nie … Deur hom word die slegte water van die Dooie see gesond (2 Konings 2:19 ev) Deur hom kom daar lewe vir die weduwee wat diep in die skuld was …(2 Konings 4:Deur hom kom daar lewe in die huis van die Sunamitiese vrou … en sy skenk geboorte aan 'n seun … As daardie seun as later te sterwe kom dan is dit deur die aanraking van Elisa dat hy weer opgewek word (2 Konings 4:14ev) Naäman die Siriër word genees van melaatsheid … (2 Konings 5) Hy kry nuwe lewe. So kan ons aangaan. Daar is nog talle ander voorbeelde. Maar dis nie waar Elisa se krag lê nie. Dit krag lê nie in die beendere van die heiliges nie. Dit lê in die goddelike woord wat daardie heiliges bedien het Elisa was die draer van die woord van die lewende God Elisa het gesterf maar die woord sterf nie. Dis wat hierdie teksgedeelte vir ons sê. Die volk het die lewende Woord laat vaar Nou kom hulle in benoudheid. Hulle word deur die Arameërs bedreig, bendes Moabiete teister die land Uit vrees word die man se lyk in die eerste die beste graf gegooi. Sy opstanding uit die dood wys eers heen na die beendere van die profeet maar dan verder na die woorde van die profeet, lewe kom deur die kontak met die lewende woord lewe kom deur die kontak met die lewende God wat daardie woord spreek. Die lewende sprekende God. Hy praat en alles wat ons sien is daar. Dit wat nog nooit daar was nie … dis skielik daar. In Hom dra Hy die asem wat aan die mens lewe gee. Bron: 2 Konings 13:21 Hy word lewendig Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 04 09 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Opnames te begrafnisdiens: Orrelis Mariaan Senekal Outro: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 182
bottom of page