top of page

Hy vernietig menseprestasie Reformasie
Preek 1 Konings 16 - Woorde uit sy Woning
Lees: Josua 6:20-27, 1 Konings 16:29-34 Hervormingsdiens: 2016 10 30 Teks. 1 Kon. 16:34 Tema: Los God se puinhope! “In sy dae het Hiël, van Bet-el, Jérigo opgebou, ten koste van Abíram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Josua die seun van Nun, gespreek het.” Lees ons die Heilige Skrif dan leer ons God ken as die Groot Bouer van die nuwe Jerusalem, maar ons lees ook dat God die Groot Vernietiger van stede is. Alle stede wat gebou word as monumente van menslike prestasie, word deur uiteindelik deur God as puinhope agtergelaat. Bewaar die een wat van sy Goddelike stad ‘n puinhoop wil maak! Andersyds, bewaar die een wat van God se puinhoop ‘n stad wil maak! Dit sal ten koste van ons kinders en ons toekoms gebeur. position: 766
bottom of page