
Hy is altyd beskikbaar
Luk 8 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Hulle was Hom te wagte, maar daar was ook die ander wagtendes. Hulle wag soos die daaglikse rye en rye pasiënte wag in die staatshospitale in hierdie land, hopende dat hulle ‘n dokter te sien sal kry. Hulle sit in rye en rye van bloeiende verbande, krukke en rolstoele, stukkende brille, leë beursies, deurgetrapte skoene, Checkers sakkies met ‘n paar toebroodjies, en verweerde pilvoorskrifte in die hand vasgeklem. Of hulle staan buite in die rookwalms van die nikotien verslawing, wagtend. Nie net hulle nie, maar ook die depressielyers, die angstiges, die bekommerdes, die gejaagdes en die slapeloses. Die skare het Hom verwelkom,; want almal was Hom te wagte.
Bron: Lees Luk 8:40-56
Teks: Luk 8:44 Sy het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak
Tema: Gryp die soom van sy kleed.
Psalms. 118:10,14; 38:1,5; 38:8,9,10; 66:6,7 Opnamedatum: 2025 09 21