top of page

Hulp op die pad na die ewigheid.

Preek 2 Timothéüs 4 - Woorde uit sy Woning

Hy staan Paulus by om te groei in sy geloof, net soos Hy elkeen van ons bystaan om te groei in heiligmaking. Hy staan ons by om die teleurstellings wat ons met mekaar ondervind, te kan verdra en te verduur. En die goeie werk wat Hy in ons begin het, dit sal Hy voleindig! Woordverkondiging 2 Timothéüs 4, ds Gustav Opperman,. Jou medemens kan jou darem maar lelik in die steek laat ... Van die mense, wat jou die meeste kan teleurstel hulle sit vandag hier saam met u in die kerkbanke ... Miskien selfs reg langs u of hier in die ouderling bank ... Of, ja, selfs hier op die preekstoel ... Die onbetroubares ... die mense wat nie klaarmaak wat hulle begin het nie ... die rugstekers ... die papbroeke ... Wat om met hulle te doen? Moet ons hulle maar nog ‘n kans gee? dit waag om weereens ‘n bloutjie te loop? of moet ons sê: “Staan opsy! Ek sal maar self sien kom klaar!?” Indien ons ooit hierdie vraag kan antwoord, dan sal dit ons ‘n leeftyd vat ... Dit het die apostel Paulus ‘n leeftyd gevat om ‘n antwoord te kry om in te sien om te besef dis nie mense wat hom bystaan nie ... dis die HERE wat Hom bystaan ... In alles wat hy doen in alles wat met hom gebeur, is dit die Here wat hom bystaan ... Saam met die ander apostels leer ons Paulus in die boek Handelinge ken. Hierdie boek se volledige naam is: Die Handelinge van die Heilige Apostels Hierin word die dinge beskryf wat die Here Jesus se apostels gedoen het na sy hemelvaart ... Daar is diegene wat dink dit sou beter wees as ons die boek eerder die Handelinge van die Heilige Gees genoem het ... Dit gaan tog uiteindelik nie oor mense se dinge nie, Dit gaan tog oor die groot dade van God, soos ons in Handelinge twee lees ... (Hand. 2:11) Dit gaan oor die werk van die Heilige Gees ... Bron: 2 Timothéüs 4 Hulp op die pad na die ewigheid. Grendelpreek Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 07 26 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 366
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page