top of page

Huisskoonmaak voor Nagmaal
Nagmaal Preek Exodus 12 - Woorde uit sy Woning
Oor ‘n week vier ons die heilige nagmaal. Ons herdenking van die nag toe die Here Jesus op ‘n sigbare wyse sy Vader se raadsplan bekend gemaak het. Ons herdenking van die nag toe die Here Jesus sy liggaam en sy bloed in die vorm van brood en wyn aan sy dissipels gebied het. Ons herdenking van die nag toe die Here Jesus die deur van sy Vader se woning oopgemaak het en ons die tafel gedek kon sien: die tafel gedek met die hemelse feesmaal, wat ons eendag te beurt sou val. Woordverkondiging: Eks 12, 1Kor5, ds Gustav Opperman,. Die nag toe die Here Jesus die grootste verborgenheid in die wêreld se geskiedenis aan sy dissipels geopenbaar het: Die sonde word oorwin ... die Saad van die vrou vermorsel die kop van die Slang die toegang tot God sal nie meer versper wees nie ... Soos die vlees van Christus geskeur word, so sal die voorhangsel voor die allerheiligste in die tempel geskeur word ... Trek jou skoene uit, Moses en Josua want die plek waar julle nou op staan is heilige grond (Eks 3:5 Josua 5:15). Ja,ook die gemeente van Matlabas, elke lidmaat, man vrou en kind het nou reeds deur die offer Jesus Christus direkte toegang toe God ... Vir ons sê die Here vandag: Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Hy is die HERE ons God (Levitikus 20:7). Vir ons sê die Here vandag: Alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Hoekom so ? Bron: Eks 12:3-17, 1 Korinthiërs 5:6-7 Huisskoonmaak voor Nagmaal Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2021 05 23 • Sou YouTube wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons het die volgende eposkennisgewing ontvang: Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 170
bottom of page