top of page

Hoor en Bewaar!

Luk 11:14-32 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

Die hoor en doen van God se woord is belangriker as die ervaring van bloedbande. Al ons ervarings, al ons emosies, al ons gevoelens is ondergeskik  aan die een ervaring. Ons kan dit ook 'n ervaring van Woord-gehoorsaamheid noem. Woordgehoorsaamheid bepaal wie deel is van huisgesin van God en wie nie. Woordverkondiging: Luk 11:14-32 Ds Gustav Opperman, GK Colesberg.  

Ons kan oor die algemeen 2 soorte kerkgangers onderskei: Daar is diegene wat 'n teken-ervaring soek en daar is diegene wat 'n preek-ervaring soek  Diegene wat 'n teken-ervaring soek    sal jy vind by die saamtrekke    waar daar wonders ge-adverteer word: Siekes sal genees word Goudstukke sal uit die niet verskyn Mense sal agteroorval en onbeheersd begin lag.  

Die gereformeerdes het tradisioneel  'n groter behoefte aan 'n preekervaring. Daar is preke wat ons jare lank kan onthou. Daar is predikers  wie se preekbundels oor baie jare gebruik word. Preek en Prediker-bespreking is normale kerklike praktyk. Predikante word dikwels beroep  op grond van hulle preekvermoëns. By ons gaan die Woordverkondiging immers voorop.   


Bron: Lukas 11: 14-32

Teks: Luk 11:27,28 

En terwyl Hy dit spreek,  het 'n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê:  Salig is die skoot wat U gedra het,  en die borste wat U gesoog het. En Hy sê:  Ja,   maar salig is hulle  wat die woord van God hoor en dit bewaar. 

Tema: Woordervaring en Woordbewaring 

Psalms: 36:2; 119:33,39; 25:2,4; 43:3,4  

Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  

Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page