top of page

Hoekom sal ons gee? Perspektief uit die grendelstaat
Preek 2 Korinthiërs 8 - Woorde uit sy Woning
Hierdie gemeente is die huis van God van in die kleine op pad na die groter huis van God, op pad na God self tot in alle ewigheid. ‘n Onlosmaaklike deel van hierdie jou verbintenis aan Christus is jou verbintenis aan die ander pelgrimgangers. En dit is hier waar ons kerklike en diakonale bydrae ter sprake kom. Die diens van barmhartigheid is daar om die wat weens omstandighede besig is om agter te raak in hierdie optog van pelgrims. So is daar ook ‘n kerklike bydrae om die Woordverkondiging in stand te hou. 2 Korinthiërs 8, 9 Ds Gustav Opperman. Geliefdes, verstaan ons werklik wat die Here vir ons gedoen het? Ken ons en die Korintiërs die genade van ons Here Jesus Christus? Om ‘n kerklike bydrae te wil gee en wel te kan gee, is ‘n teken van God se genade. Aan jou, die lidmaat wat gee. Aan julle, die gemeente wat gee. God het die blymoedige gewer lief ... nie omdat die gewer gee nie, nie as beloning vir sy goeie daad nie ... nee ... Nee, die feit dat die blymoedige gewer gee, is ‘n aanduiding dat God hom liefhet. Hy gee omdat hy of sy genade ontvang het. Hy gee omdat God hom liefhet. Bron: 2 Korinthiërs 8, 9 Hoekom sal ons gee? Perspektief uit die grendelstaat. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 08 23 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 44
bottom of page