top of page

Hoekom bid? Is dit nog nodig?

Preek Génesis 2 Heidelbergse Kategismus 45 - Woorde uit sy Woning

Lees Génesis 2:1-3:15 Heidelbergse Kategismus Sondag 45 Vraag 116: Waarom is die gebed vir die Christene nodig? Antwoord: Omdat dit die vernaamste deel van die dankbaarheid is wat God van ons eis: En omdat God sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle wil gee wat Hom met hartlike versugtinge sonder ophou daarom bid en daarvoor dank. Tema: Hoekom moet ons bid? Psalms: 138:1,2, 66:7,8,9, 130:3,4, 68:13. Die mens is geskape na die beeld, na die gelykenis van God. Dit verklaar vir ons die geheim van die gebed ... want alles wat God geskape het, het die neiging, die ingesteldheid om homself, haarself, sigself na God te wend. Sodoende het die sin van die mens se bestaan van sy bestaan as beeld van God na vore gekom ... en dit is: om God te ken om met Hom in gesprek te wees ... om Hom te soek ... Daarom moes psalm 8 sekerlik ook die eerste van al die Psalms gewees het: “wat is die mens dan dat U hom gedenk het, die mensekind wat U so ryk beskenk het! Met eer en heerlikheid is hy gekroon” . Ons sien dat God self van die begin af met die mens in 'n gesprek wou wees. Hy gee die mens opdragte … Hy maak dit vir die mens moontlik om 'n verhouding met Hom te hê … 'n Besonderse vertroulike verhouding. Soos ons gelees het, is die mens so geskape dat hy met God kan wandel … Hy kon met God praat … So het die Here ons gemaak. Ek het gesê dat beide die natuur en die mens God loof ... Beide loof God, maar daar is ‘n onderskeid Die geskape natuur loof die HERE, God onbewustelik ... Die mens doen dit bewustelik. Al was die eerste mense op aarde se gesprekke met God vanselfsprekend vanselfsprekend, ongevraagd ... Dit was nie nodig dat die mens in die paradys moes leer bid nie. Dit was vir hom en vir haar so natuurlik soos ‘n baba wat die mond instinktief na die moederbors draai. Tog was die mens se omgang met God altyd bewustelik ... Hy was nie op die selfde manier as die natuur gebind tot omgang met God nie ... Die koms van die sonde het dit alles versteur. Toe die mens self soos God wou wees … Toe die mens bewustelik besluit om self soos God te wees. Van toe af is die mens se gebed versteur ... Trouens, die gebed kwyn weg tot ‘n stilte. Daar waar daar volkomenheid was, was nou ‘n gapende wond. Toe het hy niks meer vir God te sê nie . Hy kruip toe agter 'n boom weg. Hy doen presies die teenoorgestelde van bid. Hy vlug. Maar God laat vaar nie die werke van sy hande nie. God tel weer die draad van die gesprek op. Hy maak die vertroulike verhouding weer moontlik Hy gee uiteindelik sy eie Seun om hierdie verhouding te herstel … En weereens is dit met hierdie herskepping is dit dieselfde. Die hoofmotief vir die gebed kom ook in Christus se herskepping na vore: dankbaarheid. Soms voel dit asof God jou gebede nie hoor nie Dan wonder jy waar bly sy genade … En soms kom jy agter, daar was meer genade in die feit dat Hy nie verhoor het nie … Ook in swaarkry en beproewing is daar genade Miskien 'n ander soort genade as dit wat ek graag sou wou hê, maar nogtans genade … God gee altyd genade … altyd, maar Hy gee sy genade ook altyd op die wyse wat vir ons die beste is. 'n Genade wat my nader aan God bring. so 'n genade is altyd beter as enige genade wat my nader aan 'n ding of 'n mens bring … wie of wat dit ookal mag wees. God wil sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle gee wat Hom met hartlike versugtinge sonder ophou daarom bid en daarvoor dank. position: 741
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page