
Hoe word my geloof versterk? Tekens van genade
Preek Psalms 111 Heidelbergse Kategismus 25 - Woorde uit sy Woning
Die HERE se groot werke, sy dade van heerlikheid, sy wonders ...\r Dis logies dat sy verbondswoorde\r die heeltyd in ons hart en op ons lippe sal wees.\r Logies, maar ook noodsaaklik, want dis daar waar die oorsprong van ons geloof lê\r en dis daar waar die versterking van ons geloof lê.\r Dis die middele wat God se Heilige Gees gebruik \r om die geloof in ons te vestig\r en om daardie geloof te verskans\r teen al die aanslae van die Duiwel, \r die wêreld en ons eie bose hart.\r Hoe kan ons in God glo en hoe kan ons Hom aanroep \r as ons nie van Hom gehoor het nie?\r (Dis wat die apostel Paulus in Romeine 10 vra).\r En hoe kan hulle hoor \r sonder een wat preek?\r \r Die geloof ontkiem en groei \ren dit gedy onder die gepredikte woord.\r Psalm 111 sê vir ons \rwaar hierdie prediking plaasvind:\r in die kring van die opregtes\r en in die vergadering.\r Het u dit opgemerk?\r Nie ek in my klein hoekie \ren jy in joune nie,\r maar in die vergadering van die heiliges ...\r Daar word die gepredikte woord bedien\r en daar word die aanskoulike Woord bedien: die sakramente.\r \r Die digter van Psalm 111 \r is in absolute verwondering oor hierdie Woord.\r Hierdie is die 36ste video in die Troosreeks: Bely uit die Psalms. U sal daar onder die afdeling: Kategismus en Belydenis in Aktuele Styl die duimdruk vind vir die Troosreeks: Bely uit die Psalms. Die duimdruk om by direk by hierdie Kategismus Troosreeks uit te kom, is: Troos uit die Psalms PLptUYi1TvSsqCGT3V43AHTRf6RDGRkKZl Bron: Psalm 111 Heidelbergse Kategismus Sondag 25 Vraag 65 & 67 Hoe word my geloof versterk? Tekens van genade Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2017 12 24 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Openingsmusiek: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Slotmusiek: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 489