top of page

Hoe ken jy die HERE?

Preek Exodus 5 - Woorde uit sy Woning

Lees Eks 5:1-6:12 Teks: 6:1 Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE. Tema: Hoe ken jy die HERE? Psalms: 145:1-4: 145:5-7, 145:8,9:145:10-12. Sowat 170 jaar gelede het daar ‘n magtige Zulu koning aan die kus van Natal geheers. Koning Dingaan was sy naam. Sy impi’s het meer as twintigduisend getel. Hulle was vreesloos en onstuitbaar. Dingaan se woord was wet. Naas sy voorganger Tsjaka het Afrika seker nog nie oor ‘n groter despoot beskik nie. Die eerste sendeling wat hom bereik het se naam was Francis Owen. Owen het hom gevra of hy die HERE aan die Zulu’s mag verkondig. Dingaan wou weet wie hierdie HERE is. Owen het geantwoord dat dit die God is ... die God wat oor lewe en dood beskik. Dingaan se finale antwoord aan die sendeling het soos volg gelei: “As dit jou geloof is, dan is jy van geen nut vir my of my mense nie. Ek en my mense glo dat daar net een god is. Ek is daardie god en ek beskik oor lewe en dood.” Ons kry dieselfde reaksie by die duiwel, by Lucifer ... hy wat volgens Jesaja 14 gesê het: Ek wil opklim in die hemel. Ek wil my troon verhef bo die sterre van God. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke. Ek wil my gelykstel met die Allerhoogste! (Jes. 14) Jesus sê die duiwel was die oorspronklike mensemoordenaar, die eerste leuenaar, lank voordat Dingaan of Farao daar was (Joh. 8:44). Teenoor hierdie leuenaar se leuens openbaar God Homself in ons teksgedeelte. Hy stel Homself bekend as die HERE, Jahwe, die Heilige ... Jahwe, die onvergelykbare ... die Ek is wat ek is ... position: 721
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page