top of page

Hoe kan ons die wêreld help? Regeer soos konings!

Preek Deuteronomium 17 - Woorde uit sy Woning

Maak nie saak watter regeringsvorm die volke en nasies vir hulself kies nie, hulle sal altyd met ‘n koning eindig. Die nasies wil tog maar hê dat een persoon die verantwoordelikheid moet dra. Veral as daar ‘n krisis is, soek hulle ‘n koning wat hulle kan rig , om voor hulle uit te trek en hulle oorloë te voer. Woordverkondiging Deu 17:14-20 & 1 Samuël 8, ds Gustav Opperman,. Besoek ons YouTube-kanaal vir meer as 560 video's, preek, Bybelstudies en reekse. Soos die gode op die berg Olimpus die antieke Grieke se aandag vasgehou het, so bly die doen en late van die mensegode op die hoë gestoeltes ‘n bron van bekoring vir ons ... kikker dit ons eie saai lewens op. Ons wat hier op grondvlak op die slaggat paaie ry, word geboei deur die ikone van hierdie wêreld ... hulle wat hulle eie privaat stralers en seiljagte het. Onder andere Prins Harry en Meghan, Prinses Diana en Prins Charles ... Ons kan nie uitgepraat en uitgekyk raak aan hulle manewales en uitlatings nie. Dit bly ‘n bron van bekoring ... selfs vir die Afrikanervolk ... die Boerevolk wat deur toe toedoen van die Britse koningshuis in die Anglo-Boereoorlog 26,000 vroue en kinders in Britse konsentrasiekampe aan die dood afgestaan het ... Soveel van ons mense dink vandag die Britse koningshuis is die wonderlikste instelling wat daar is naas rugby en braaivleis is. In ons Skrifgedeelte was die volk, Israel weereens in ‘n krisis ... Dis al vir jare dat hulle deur rigters regeer was ... Die rigters het gekom en gegaan dikwels die vyand verslaan, maar, ons weet mos nou al, en het al soveel keer gelees, in daardie tyd het elkeen gedoen wat goed was in sy eie oë, en daar was geen koning in die land nie. Daar was geen standvastigheid nie. En oral rondom hulle was daar steeds vyande ... die Filistyne na die weste en die Ammoniete na die ooste. Daar was oorloë wat gevoer moes word. Bron: Deu 17:14-20, 1 Samuël 8 Hoe kan ons die wêreld help? Regeer soos konings! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 03 21 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 206
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page