
Herstel ons!
Ps 60 Ds Gustav Opperman Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere @WoordeuitsyWoning
So van uiterste moedeloosheid na die geloofsmoed van iemand wat weet dat die HERE getrou is aan sy Woord en dat Hy nog altyd gehelp het. Volg die Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Woensdae. Skryf gratis in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir bykans 900 video's, insluitend die Onse Kategismus vir Kinders, Helpende Woord, Preke, Bybelstudies en Geskiedenisvideo's. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.
Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.
Bron: Psalm 60
Opnamedatum: 2023 02 23
Music used in this video: 1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag
Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt).
Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt – Orrel
Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/